Idioresies!

Bordspeletjie vir die Afrikaanse klaskamer!!

Fakebook!

Some ideas of how to use fake Facebook profiles in the classroom.

Gedigte

Afrikaans Huistaal: Graad 4

Samestellings!

'n les oor samestellings vir Graad 4

Dis Sokkertyd!

'n Sokkertema kan baie pret wees...

Showing posts with label Mnr. Vermeulen. Show all posts
Showing posts with label Mnr. Vermeulen. Show all posts

Friday, April 27, 2012

Idiome!

Hierdie les oor idiome kan sommer vir enige graad gebruik word. Dit is lekker pret met liedjies en videos (volg net die skakels!) en daar is ook 'n aktiwiteit wat leerders na die tyd kan invul. 

Hier is die PowerPoint skyfies en hier is die aktiwiteit!

Die eerste deel van die powerpoint vertel vir die leerders wat 'n idioom is en waar ons dit gebruik. Die tweede deel leer vir die leerders nuwe idiome deur gebruik te maak van spotprente van Kaaskrul.com.

Geniet dit!

_________________________________

Gaan kyk natuurlik ook op Onnies Online vir die beste Afrikaanse hulpbronne wat jy kan kry!


Daar is ook baie hulpbronne op Teacha! Hierdie webstuiste het hulpbronne vir alle vakke van graad 1 tot 12 en alles kan afgelaai word teen 'n minimale koste. Jy kan ook jou hulpbronne daarop verkoop! Gaan kyk vandag nog.

Friday, March 2, 2012

Dis sokkertyd!

Kyk net na hierdie prent, dit het so baie informasie op wat gebruik kan word in die Afrikaanse klaskamer! Daar is veral verskillende idiome wat daarin uitgebeeld word. 


Hierdie presentation is 'n interaktiewe aktiwiteit waar die verskillende idiome gesoek moet word en dan op gekliek moet word. Daarna word die betekenis van die idioom gevra. Kyk gerus daarna! Onthou ook om te kyk na Kaaskrul se spotprente om na skerp uitbeeldings van idiome te kyk.


Die Bang Sokkerballetjie is 'n oulike storietjie vol verskillende stylfigure en humor. Gebruik dit gerus as 'n begripstoets of om die verskillende stylfigure daarin te identifiseer.