Idioresies!

Bordspeletjie vir die Afrikaanse klaskamer!!

Fakebook!

Some ideas of how to use fake Facebook profiles in the classroom.

Gedigte

Afrikaans Huistaal: Graad 4

Samestellings!

'n les oor samestellings vir Graad 4

Dis Sokkertyd!

'n Sokkertema kan baie pret wees...

Showing posts with label Graad 4. Show all posts
Showing posts with label Graad 4. Show all posts

Thursday, September 6, 2012

Idiome, Idiome, Idiome....

Daar is seker meer hulpbronne oor idiome op hierdie blog as enigiets anders! Maar gun my maar die geleentheid om verder te blêr oor die wonderlike ding wat `n mens die idioom noem....

Ken julle hierdie boekie? (Hoekom praat grootmense so snaaks? deur Keina Swart & Maja Serada)

Dit is `n fantastiese boekie om leerders (veral die kleintjies) bekend te stel aan idiome.

Die agterkant lees: "Grootmense praat darem vreeslik snaaks! Eers is dit oor blompotte langs jou kop en geld wat nie op rue groei nie, dan weer oor honde en katte wat uit die lug uit reen en kraaie wat tonge steel... verbeel jou!" oulik nê??

Hier is die voorblad:

Koop dit hier op Kalahari.com. Dis definitief `n moet-hê vir elke kind!

O ja! Ek het ook die idome les opgedateer. Dit lyk bietjie anders en ek het meer liedjies ingesit, maar die res is dieselfde. laai die nuwe weergawe hier af: Idioom les!

Aan die einde van les is daar `n speletjie waar jy eenvoudig die idioom lees en hul moet kies of dit A of B is. Hier is die A & B's wat jy kan uitdeel vir elke groepie.

Hier is die videos wat in die les gespeel moet word: pasop net vir die eerste een!


Kyk die ander een hier

en nog iets! kyk, as dit nie was vir Mieliestronk se lys van Afrikaanse Spreekwoorde en Kleuters.co.za se Juffrou Hessie Fourie Idioomlys nie, sou ek ook nie so baie kon doen met die wonderlike goed nie! so gaan kyk gerus daar. Nog `n boek, "Wat praat jy?" deur Johanna de Wet, verskaf ook baie inligting oor idiome en waar hul vandaan kom. Vir die ouer kinders is dit altyd lekker om meer te gesels oor waar die idioom vandaan kom, hetsy dit nou geleen is van Engels en of dit nou kom van Nederlands... die storie agter die storie is altyd interessant.

Ek is ook besig om tans ou idioomprente wat uit een of ander ou boek (ek dink iets soos die afrikaanse prenteboek?) te restoureer. Ek sien al die prente van kleins af in my klasse. Dis 'n "ongoing project" wat `n rukkie sal neem en ek sal dit een vir een oplaai.

Geniet dit!

_________________________________

Gaan kyk natuurlik ook op Onnies Online vir die beste Afrikaanse hulpbronne wat jy kan kry!


Daar is ook baie hulpbronne op Teacha! Hierdie webstuiste het hulpbronne vir alle vakke van graad 1 tot 12 en alles kan afgelaai word teen 'n minimale koste. Jy kan ook jou hulpbronne daarop verkoop! Gaan kyk vandag nog.

Monday, August 20, 2012

Bywoorde en byvoeglike naamwoorde



Hierdie les gaan oor bywoorde en byvoeglike naamwoorde. Dit is maar eintlik net 'n hersieningsles. Dit kan gebruik word van graad 4 - 7. Die bywoorde kan dalk net gespesifiseer word na bywoorde van tyd, plek en wyse.

Hier is die powerpoint. Daar is ook 'n stukkie van Kurt Darren se papsopwinterwaternat om byvoeglike naamwoorde te verduidelik.

Die kaartjies is vir 'n 'ysbreek' aktiwiteit. Die leerders trek kaartjies uit twee verskillende hoede. In een hoed is daar bywoorde en in die ander is daar werkwoorde. Die leerders moet dan hierdie kaartjies gebruik om dit uit te beeld. Hul leer dan so oor bywoorde. Maak seker om te beklemtoon dat die een kaartjie die ander kaartjie moet beskryf.

Dan het ek ook 'n blokkiesraaisel gemaak, kyk gerus daarna! Hul moet maar net die bywoorde en b.nw. invul van die sinne!

Genieeeeeet dit mensies!

_________________________________

Gaan kyk natuurlik ook op Onnies Online vir die beste Afrikaanse hulpbronne wat jy kan kry!


Daar is ook baie hulpbronne op Teacha! Hierdie webstuiste het hulpbronne vir alle vakke van graad 1 tot 12 en alles kan afgelaai word teen 'n minimale koste. Jy kan ook jou hulpbronne daarop verkoop! Gaan kyk vandag nog.

Thursday, August 16, 2012

Weervoorspelling - Natuurwetenskappe Graad 4

In hierdie les het ek 'n inleiding tot die weer gedoen. Wat die impak van die weer op ons daaglikse lewens is ens. Dit loop aaneen met die modules wat beskikbaar is op CNX.org vir Natuurwetenskappe Graad 4. Van die grafika is ook van die webtuiste is (die simbole en hierdie weerkaart uit die Burger).


Weerkaart / weervoorspelling

Die powerpoint bevat inligting en prente wat oor weervoorspelling gaan en gaan hand aan hand saam met die module wat genoem is bo. Kry die powerpoint hier. Aan die einde het ek 'n speletjie voorberei waar ek vir die leerders die weerstoestande gewys het. Hulle moes dan die regte simbool wys wat die verduideliking illustreer. Kry die simbole hier.

Die eerste link gaan na 'n illustasie van die weer hoe dit op die oomblik is ('live') en meeste van die beeldmateriaal (satellietbeelde) is gekry vanaf Kobus Botha Weather.

Geniet dit! 

_________________________________

Gaan kyk natuurlik ook op Onnies Online vir die beste Afrikaanse hulpbronne wat jy kan kry!


Daar is ook baie hulpbronne op Teacha! Hierdie webstuiste het hulpbronne vir alle vakke van graad 1 tot 12 en alles kan afgelaai word teen 'n minimale koste. Jy kan ook jou hulpbronne daarop verkoop! Gaan kyk vandag nog.

Wednesday, August 8, 2012

Suiwelboerdery


Hierdie is 'n slideshow vir Graad 4 Sosiale Wetenskappe. Dit gaan oor Suiwelproduksie. In die slideshow is daar 'n skakel wat gaan na 'n interaktiewe (engelse) aktwiteit oor die storie van melk van koei tot kombuis. Dit is baie oulik en die kinders het dit baie geniet, al is dit in engels. Jy kan maar net dit vertaal ook. Die aktiwteit aan die einde is net eenvoudig die suiwelproduksieketting waar hul moet beskryf wat in elke prentjie gebeur.


Samestellings



Hier is 'n lessie wat ek met Graad 4's gedoen het. Dit verduidelik maar net samestellings met prentjies wat bymekaar gesit word. As 'n klasaktiwiteit (speletjie) na die les kan die leerders in pare prente bymekaar sit om hul eie woorde te vorm. 

Kliek hier vir die powerpoint en hier vir die drukbare kaartjies! 

Geniet dit...


Tuesday, July 31, 2012

Miem maak 'n jas




Net 'n klein videotjie wat ek vir Graad 4's gemaak het om te wys dat mens verskillende karakters kan wees! Baie vinnig en rof gedoen! :)

Afrikaanse Aflaaibare Materiaal vir Graad 4!

kleuters






Kyk net wat het ek gevind! Dit is fantasties! Rare Afrikaanse werkvelle en inligting vir Graad 4's! Daar is onder meer inligting oor alles van aanhalingstekens tot afkappingstekens en alles van paronieme tot homonieme! Gaan kyk gerus na die lang lys van aflaaibare materiaal! Dit is 'n MOET SIEN!!!

Gaan HIER na www.kleuters.co.za se Graad 4 afdeling.

------------------------------------------------------------------------------------------------------

Gaan kyk natuurlik ook op Onnies Online vir die beste Afrikaanse hulpbronne wat jy kan kry!


Daar is ook baie hulpbronne op Teacha! Hierdie webstuiste het hulpbronne vir alle vakke van graad 1 tot 12 en alles kan afgelaai word teen 'n minimale koste. Jy kan ook jou hulpbronne daarop verkoop! Gaan kyk vandag nog.