Daar is seker meer hulpbronne oor idiome op hierdie blog as enigiets anders! Maar gun my maar die geleentheid om verder te blêr oor die wonderlike ding wat `n mens die idioom noem....
Ken julle hierdie boekie? (Hoekom praat grootmense so snaaks? deur Keina Swart & Maja Serada)
Dit is `n fantastiese boekie om leerders (veral die kleintjies) bekend te stel aan idiome.
Die agterkant lees: "Grootmense praat darem vreeslik snaaks! Eers is dit oor blompotte langs jou kop en geld wat nie op rue groei nie, dan weer oor honde en katte wat uit die lug uit reen en kraaie wat tonge steel... verbeel jou!" oulik nê??
Hier is die voorblad:
Koop dit hier op Kalahari.com. Dis definitief `n moet-hê vir elke kind!
O ja! Ek het ook die idome les opgedateer. Dit lyk bietjie anders en ek het meer liedjies ingesit, maar die res is dieselfde. laai die nuwe weergawe hier af: Idioom les!
Aan die einde van les is daar `n speletjie waar jy eenvoudig die idioom lees en hul moet kies of dit A of B is. Hier is die A & B's wat jy kan uitdeel vir elke groepie.
Hier is die videos wat in die les gespeel moet word: pasop net vir die eerste een!
LEkker blog mnr. Ek gebruik dikwels van jou bronne! Loer gerus na myne ook!
ReplyDeleteHelp asseblief. Ek het n foto van n hol boomstam waaruit daar n nuwe takkie spruit uit die bas wat al is wat oor is van die oorspronklike stam. Ek sal graag n idioom daarmee wil uitbeeld maar kan nie dink aan n geskikte een nie.
ReplyDelete