Idioresies!

Bordspeletjie vir die Afrikaanse klaskamer!!

Fakebook!

Some ideas of how to use fake Facebook profiles in the classroom.

Gedigte

Afrikaans Huistaal: Graad 4

Samestellings!

'n les oor samestellings vir Graad 4

Dis Sokkertyd!

'n Sokkertema kan baie pret wees...

Monday, February 13, 2012

Nog Spotprente!


Hierdie skreeusnaakse spotprente is weereens puik vir die Afrikaanse klaskamer. Daar is verskeie maniere hoe hierdie spotprente gebruik kan word, soos bv. om idiome aan leerders bekend te stel. Vee ook die spraakborrels uit en laat die leerders hul eie weergawe invul.

Dit is ook net lekker prettig en die leerders lag altyd lekker daarvoor (wanneer hul dit vang :-) ).

Meer is beskikbaar by op hierdie skakel. Dit is 'n album op Facebook. Daar is ook nou 'n boek bekend gestel deur Kobus Galloway, "Idees Vol Vrees", en dit is nou by alle boekwinkels beskikbaar. Definitief 'n moet-hê! Koop dit hier op Kalahari.net.




_________________________________

Gaan kyk natuurlik ook op Onnies Online vir die beste Afrikaanse hulpbronne wat jy kan kry!


Daar is ook baie hulpbronne op Teacha! Hierdie webstuiste het hulpbronne vir alle vakke van graad 1 tot 12 en alles kan afgelaai word teen 'n minimale koste. Jy kan ook jou hulpbronne daarop verkoop! Gaan kyk vandag nog.

Wednesday, February 8, 2012

Die verkiesingsproses

Die verkiesingsproses
(Hoe om aan 'n demokrasie deel te neem)



Hierdie tema is vir Sosiale Wetenskappe se Geskiedenis afdeling.


Dit word in die Intermediêre Fase behandel in Graad 5.

Hier is ook 'n werkkaart wat leerders se kennis kan toets aan die einde van die les en ook 'n lesplan om vanaf te werk.

Nota: Vir een of ander rede lyk die skyfies 'n bietjie anders hier, wanneer jy dit aflaai sal dit nie so swart in die agtergrond wees nie! :-)

Tuesday, September 27, 2011

Die beste spotprente vir die Afrikaanse (en Engelse) klaskamer!

Die Lewe is 'n Kaaskrul is 'n webtuiste waar daar elke Dinsdag 'n nuwe spotprent verskyn. Dit is baie snaaks en dit is beskikbaar in Engels en Afrikaans. Daar is veral Idiome wat letterlik uitgebeeld word en die woordspeling is ook baie komieklik! Geniet dit! :)


_________________________________

Gaan kyk natuurlik ook op Onnies Online vir die beste Afrikaanse hulpbronne wat jy kan kry!


Daar is ook baie hulpbronne op Teacha! Hierdie webstuiste het hulpbronne vir alle vakke van graad 1 tot 12 en alles kan afgelaai word teen 'n minimale koste. Jy kan ook jou hulpbronne daarop verkoop! Gaan kyk vandag nog.

Monday, August 29, 2011

Die kind is nie dood nie - Ingrid Jonker (getoonsette gedig)



Hierdie video is vir gebruik in die Afrikaanse of Geskiedenis klas.

Die video is perfek vir Graad 9 leerders. Dit gee vir die leerders 'n goeie idee van hoe dit gelyk het met die optogte in 1960.

Ek dink dit is altyd goed om visuele materiaal in die klaskamer te gebruik, veral in poësie. Die leerders is geboei deur die beelde en dit help hul ook om die ware mening van die gedig te leer.

Die gedig is deur Ingrid Jonker geskryf.

Ek hoop julle geniet die video, die leerders het, en ek het nogal lank daaraan gewerk!

Die fotos en videos in die video kom vanaf verskeie bronne op die internet. Indien iemand wil he ek moet hul werk erken, laat weet asb.

Die liedjie kom van Chris Chameleon se CD 'As jy weer skryf' en dit is gesing deur Joanna

Geniet dit!

Friday, August 26, 2011

British Defeat at Isandlwana



Gebruik hierdie video in 'n les oor die Anglo-Zulu oorloe. Die tweede deel van hierdie video kom uit 'n fliek 'Zulu' of 'Zulu Dawn'. Leerders kan die verskil tussen die twee tipes films uitken en sien wie die filmvervaardigers wou he moes lyk soos die slagoffers.

Tuesday, August 23, 2011

South African War - Concentration Camps




This video is suitable for Grade 8 History. It depicts the cruelty and terrible conditions of the Concentration Camps during the South African War from 1899 - 1902.

First Post! Yay!

Hello all Teachers out there!


This blog will consist out of different resources and stuff that will help any teacher! 


The blog will be focused on the Intermediate to Senior Phase in South Africa. (Grade 4 - 9)


Though the content will mainly focus on the curriculum content of South African schools, I am sure that some of the content could help teachers all over the world.


My focus is mainly on Afrikaans, Social Sciences and Life Orientation or whatever I find interesting....


I hope you enjoy my blog!