Thursday, September 6, 2012

Idiome, Idiome, Idiome....

Daar is seker meer hulpbronne oor idiome op hierdie blog as enigiets anders! Maar gun my maar die geleentheid om verder te blêr oor die wonderlike ding wat `n mens die idioom noem....

Ken julle hierdie boekie? (Hoekom praat grootmense so snaaks? deur Keina Swart & Maja Serada)

Dit is `n fantastiese boekie om leerders (veral die kleintjies) bekend te stel aan idiome.

Die agterkant lees: "Grootmense praat darem vreeslik snaaks! Eers is dit oor blompotte langs jou kop en geld wat nie op rue groei nie, dan weer oor honde en katte wat uit die lug uit reen en kraaie wat tonge steel... verbeel jou!" oulik nê??

Hier is die voorblad:

Koop dit hier op Kalahari.com. Dis definitief `n moet-hê vir elke kind!

O ja! Ek het ook die idome les opgedateer. Dit lyk bietjie anders en ek het meer liedjies ingesit, maar die res is dieselfde. laai die nuwe weergawe hier af: Idioom les!

Aan die einde van les is daar `n speletjie waar jy eenvoudig die idioom lees en hul moet kies of dit A of B is. Hier is die A & B's wat jy kan uitdeel vir elke groepie.

Hier is die videos wat in die les gespeel moet word: pasop net vir die eerste een!


Kyk die ander een hier

en nog iets! kyk, as dit nie was vir Mieliestronk se lys van Afrikaanse Spreekwoorde en Kleuters.co.za se Juffrou Hessie Fourie Idioomlys nie, sou ek ook nie so baie kon doen met die wonderlike goed nie! so gaan kyk gerus daar. Nog `n boek, "Wat praat jy?" deur Johanna de Wet, verskaf ook baie inligting oor idiome en waar hul vandaan kom. Vir die ouer kinders is dit altyd lekker om meer te gesels oor waar die idioom vandaan kom, hetsy dit nou geleen is van Engels en of dit nou kom van Nederlands... die storie agter die storie is altyd interessant.

Ek is ook besig om tans ou idioomprente wat uit een of ander ou boek (ek dink iets soos die afrikaanse prenteboek?) te restoureer. Ek sien al die prente van kleins af in my klasse. Dis 'n "ongoing project" wat `n rukkie sal neem en ek sal dit een vir een oplaai.

Geniet dit!

_________________________________

Gaan kyk natuurlik ook op Onnies Online vir die beste Afrikaanse hulpbronne wat jy kan kry!


Daar is ook baie hulpbronne op Teacha! Hierdie webstuiste het hulpbronne vir alle vakke van graad 1 tot 12 en alles kan afgelaai word teen 'n minimale koste. Jy kan ook jou hulpbronne daarop verkoop! Gaan kyk vandag nog.

2 comments:

  1. LEkker blog mnr. Ek gebruik dikwels van jou bronne! Loer gerus na myne ook!

    ReplyDelete
  2. Help asseblief. Ek het n foto van n hol boomstam waaruit daar n nuwe takkie spruit uit die bas wat al is wat oor is van die oorspronklike stam. Ek sal graag n idioom daarmee wil uitbeeld maar kan nie dink aan n geskikte een nie.

    ReplyDelete