Nog Spotprente!!

Snaakse Spotprente sommer vir grappe of vir gebruik in die Afrikaanse klaskamer

Fakebook!

Some ideas of how to use fake Facebook profiles in the classroom.

Die Verkiesingsproses

Sosiale Wetenskappe: Graad 5

Resisting British Control in South Africa

A Powerpoint Presentation on Resistance against the British in South African History

Dis Sokkertyd!

'n Sokkertema kan baie pret wees...

Thursday, May 24, 2012

dit vorder goed...


Jy kan ook self so oulike dingetjie maak soos hier bo! Gaan na www.fodey.com! Jy kan verskillende goed maak, soos 'n tamatie met 'n spraakborrel of 'n koerantvoorblad wat nogal goed kan werk vir die Sosiale Wetenskappe klaskamer.

Geniet dit! ;)

Sunday, May 20, 2012

Pasella Luistertoets!



Afrikaanse luistertoetse kan somtyds tog so vervelig wees vir leerders! Ek is seker leerders sal liewer na 'n video wil kyk en daarvolgens vrae beantwoord as om te luister na wat met arme Tant San se groottoon gebeur het volgens die Huisgenoot (nie dat ek enigiets teen die Huisgenoot het nie! ;-) )

Hierdie Pasella insetsel gaan oor Tesselaarsdal. Dit leer sommer vir leerders van 'n nuwe plekkie ook. Ek het nie die hele insetsel gebruik nie, omdat dit te lank raak.

Hier is eenvoudige inhoudsvrae oor die insetsel!

Geniet die luistertoets!

O ja! En ek het hierdie ekstra brokkie inligting op Pasella se webtuiste gekry oor die insetsel. Dit kan dalk gebruik word as 'n begripstoets? Gaan kyk gerus hier!

Sunday, May 6, 2012

Kaartwerk / Map Work



This PowerPoint presentation is adapted from the WCED Curriculum Development resource cd for Social Sciences teachers. 


Ek het dit gebruik vir Graad 8's maar ek is seker dit kan aangepas word vir hoer grade so wel as laer grade! 


It explains the legend of a map as well as what a map is and also the different colours on a map (man made structures, topography, etc..) 


Click here to download the presentation!



File:SouthAfricaOMC.png

Friday, April 27, 2012

Idiome!

Hierdie les oor idiome kan sommer vir enige graad gebruik word. Dit is lekker pret met liedjies en videos (volg net die skakels!) en daar is ook 'n aktiwiteit wat leerders na die tyd kan invul. 


Hier is die PowerPoint skyfies en hier is die aktiwiteit!


Die eerste deel van die powerpoint vertel vir die leerders wat 'n idioom is en waar ons dit gebruik. Die tweede deel leer vir die leerders nuwe idiome deur gebruik te maak van spotprente van Kaaskrul.com.


Geniet dit!

The South African War

Unfortunately the South African War (Anglo-Boer War) does not feature in the Intermediate & Senior Phase CAPS documents. It  is however now part of the Grade 10 History curriculum.



These presentations are aimed at a younger group. I am not sure how in depth it is taught in Grade 10, but I hope this can help!


Presentation 1: An introduction to the SA War
Presentation 2: Phases of the South African War
Presentation 3: Phases of the South African War (continued)
Presentation 4: The Scorched Earth Policy (Concentration Camps etc.)
Presentation 5: Black Involvement in the South African War and Conclusion.


Some notes on the South African War:


Notes 1: SA War Revision (Word Document)
Notes 2: Phases of the South African War (Revision) (Word Document)


The information is from a textbook "Social Sciences Today Grade 8" and various sources from the internet (I did not reference, as I only used it in class). I also do not own any of the images etc..  

Monday, April 23, 2012

Fakebook! A fantastic and fun way of doing projects!

Take a look at the following links I found on using Facebook as a tool in the classroom.



Some ideas for using Fakebook in the South African Classroom:

Social Sciences: 
  • Historic profiles of different important figures in South African History (e.g. a profile of Nelson Mandela that highlights important dates in his lifetime).
  • Geography: Create a 'page' that contains information about a certain province, city, country etc..
  • Also geography: Create an 'about me' page that contains information about a certain industry such as fishing or agriculture. Also use the photo page to insert photos that illustrates the topic. The captions of the photos could be part of the project...
Languages:
  • Maak 'n profiel van verskillende digters en byvoorbeeld wanneer hul digbundels verskyn het.
  • Karakters van romans / verhale kan ook deur middel van die profiel dien as 'n karakterskets en ook belangrike momente in die verhale uitlig.
Geniet dit!!


Wednesday, March 14, 2012

Vaselinetjie: Salf vir die siel

Toe ek gelees het dat Anoeschka von Meck se bekroonde Vaselinetjie as toneelstuk by Spier Amfiteater op die planke gebring word, het ek gespring vir kaartjies. Ek was egter weifelend omdat dit in die buitelug uitgevoer sou word en was as gevolg daarvan ongerus dat die intimiteit van die teater verlore sou raak en so dan ook die treffende boodskap van die roman. Vanaf die eerste minuut is ek egter verkeerd bewys. Ek is op ‘n warrelwind reis geneem saam met Vaselinetjie deur haar kinderdae en twee ure vlieg verby soos ‘n paar minute.

Vaselinetjie as toneelstuk en Vaselinetjie as roman verskil nie hemelsbreed nie. Deur die teksverwerking van Hugo Taljaard en regie deur Henry Mylne (7de Laan), is sekere tonele egter kort geknip om heel waarskynlik die tydsduur te verkort van die toneelstuk. Dit neem in sekere opsigte weg van die intrige aangesien sommige tonele, soos die verhouding van Vaselinetjie (Andrea Streso) en Texan (Werner Coetser), as minder intens voorkom as in die roman. Dit is soms die probleem met toneelstukke wat verwerk word vanuit romans; die leser vorm ‘n meer persoonlike verhouding met die teks en beskou dan nie altyd die verhoogproduksie as voldoende nie. Hierdie kan toegeskryf word aan die leser se individuele manifestasie van die roman. Die bogenoemde is ook duidelik in Vaselinetjie; sommige tonele word as humoristies ervaar, waar dieselfde toneel in die roman op ‘n individuele vlak as meer ernstig ervaar sou word. Alhoewel dit, na my mening, nie as opsetlik humoristies uitgebeeld word nie, lag mens soms vir die ongemaklike en soms skokkende situasies soos die gebruik van kru taal en uitbeelding van sosiale kwessies soos prostitusie en geweld. Die gehoor beskou dit dalk aanvanklik as humoristies, maar word uit die teater vergesel met ‘n skuldgevoel wat hul herinner aan die erns van die kwessies wat aangespreek word, wat nie afgelag behoort te word nie.

Daar is geen verrassing in die feit dat Theodore Jantjies die Fiesta toekenning vir beste byspeler gewen het vir sy rol as Juice en Oupa Simon in die produksie nie. Sy veelsydige rolspel neem hom van ‘n kruppel ou man (Oupa Simon) tot ‘n gemene bendeleier (Juice) en beide rolle word oortuigend vertolk. Die sepiester-belaaide rolverdeling (Kim Cloete, Ingrid Paulus, Deon van Zyl) sorg vir kwaliteit rolspel wat dit duidelik maak dat hul eerder op die verhoog hoort as op die kassie. Karin Retief (Ballade vir ‘n Enkeling, Hoofmeisie) se vertolking van die rolle van Killer en Maud word ook outentiek voorgestel en sorg vir ‘n paar knop-in-die-keel oomblikke. Vaselinetjie se rol is ook oortuigend gespeel. Die enigste tekortkoming is dat haar Kaaps-Afrikaanse aksent nie sterk en oortuigend genoeg is nie, wat verwarrend kan wees.

Die eenvoudige dog funksionele stel en dekor sorg vir vinnige toneelwisseling. ‘n Paar stoele en tafels word in een toneel vinnig verander vanaf ‘n deur na ‘n bus en die verandering word effektief geïntegreer met die rolspel. Die kreatiewe gebruik van agtergrondgrafika as skepping van milieu sal ook aanklank vind by die oorheersende tienergehoor, en vergemaklik ook die vinnige verskuiwings van konteks.

Musiek en dans word op ‘n onvoorspelbare manier in die toneel ingebring wat aanvanklik die gehoor heeltemal omvergooi maar later deel word van die toneel op ‘n meer geïntegreerde manier. Die musiek en dans is ‘n goeie voorstelling van die idee dat kinderhuiskinders nie net altyd slegte tye het nie, maar dat hul steeds kinders is, en ook nou en dan op hul eie manier pret het. Die keuse van musiek is nie altyd gepas nie en kom soms as oudtyds en herhalend voor met ‘n tipe van vyftigerjare big band gevoel wat nie pas by die ouderdom van die karakters nie. Wanneer Karen Zoid se Deurmekaar egter speel in ‘n emosiebelaaide toneel, sorg dit vir ‘n hartroerende hoendervleis oomblik wat sonder die musiek nie dieselfde trefkrag sal hê nie.

Deur die outentieke voorstelling van kinderhuislewe word die kwessies wat daarmee gepaard gaan as boodskap effektief oorgedra. Die kyker word betrek in ‘n ander wêreld wat meestal onbekend is. Die Spier Amfiteater is heerlik om te besoek op ‘n warm somersaand en die toneelstuk verloor nie sy trefkrag omdat dit nie in ‘n tradisionele teater is nie. As gevolg van die ernstige kwessies wat aangespreek word en egte kru taal wat gebruik word, sal ek nie Vaselinetjie aanbeveel vir jonger laerskoolkinders nie. Hoërskoolkinders, kinders wat die boek gelees het en enigiemand anders behoort die toneelstuk te gaan kyk om kennis te maak met die harde lewe wat woed buite hul gemaksones.


**Gebaseer op Vaselinetjie tydens die Woordfees, Spier Amfiteater Stellenbosch, 10 Maart 2012