Idioresies!

Bordspeletjie vir die Afrikaanse klaskamer!!

Fakebook!

Some ideas of how to use fake Facebook profiles in the classroom.

Gedigte

Afrikaans Huistaal: Graad 4

Samestellings!

'n les oor samestellings vir Graad 4

Dis Sokkertyd!

'n Sokkertema kan baie pret wees...

Monday, May 15, 2017

TEACHA! UITVERKOPING!!!

Onnies!
TEACHA! is twee jaar oud. Om dit te vier is daar tans ‘n uitverkoping aan die gang.
Gaan kyk vandag nog!
aee9a1a5-c042-4f11-b500-ba52ad5aae9c
*Hulpmiddels tot 50% afgemerk. Geldig tot 21 Mei.

Friday, April 28, 2017

1 000 + hulpmiddels vir Suid-Afrikaanse onnies!

Op soek na hulpmiddels vir jou klaskamer? Kyk net hier!



Besoek TEACHA! hier: https://www.teachingresources.co.za

Tuesday, March 7, 2017

Graad 4 Hulpbronne

Saturday, December 5, 2015

Kwaliteit Afrikaanse hulpbronne vir die klaskamer

Op soek na oulike Afrikaanse hulpbronne? Jy hoef nie verder te soek nie, Onnies Online het klomp dinge wat net te lekker in jou klas sal werk.
Wanneer laas het jy op Teacha! ingeloer? Op ons Teacha-winkel het ons die volgende hulpbronne. Sommer lekker goedkoop!
Vir die Afrikaansonnies het ons oefeninge wat jy sommer as ‘n toets ook kan gebruik. Hierdie hersieningsoefening het vrae en ‘n memorandum. Kopieër dus vir jou klas en hulle kan lekker oefen. Dis ‘n Taal in Konteks oefening vir graad 6 of 7. Dit sluit ‘n memorandum in en tel uit 50 punte. Hierdie oefening kan ook gedeeltelik vir ‘n eksamenvraestel gebruik word! Dit toets die volgende begrippe: Voorsetsels, Sinstipes, Meervoude, Verkleining, Tye, Voegwoorde, Indirekte Rede, Ontkenning en Woordorde.
Die Indirekte Rede werkkaart sal perfek wees vir jou graad 7 leerders, of díė wat ekstra inoefening verg.
Die lydende vorm werkkaart werk lekker vir graad sewes. Dit bevat Teenwoordige, Verlede en Toekomende Tyd, maar is op ‘n baie maklike vlak waar leerders nog nie nodig het om sin te maak van WYSE / TYD / PLEK nie. Hierdie is ‘n lekker remediërende oefening of werkkaart wat by die huis voltooi kan word.
Die STOMPI plakkaat help my leerders só baie. Die plakkaat sal Engelse leerders help om die woordorde reël, STOMPI, toe te pas.
Daar is ook iets vir Sosiale Wetenskappe. ‘n PowerPoint les oor Mielies en Koring en nog een oor Vrugteboerdery. Dis baie visueel en my leerders het dit baie geniet toe ek derde kwartaal Graad 4’s gehad het.
Daar is ook natuurlik Antonieme, Sinonieme, Homofone en Homonieme plakkate. Druk dit uit op A3 en vertoon dit in jou klas.
Vir die Grondslagfase-onnies is daar ietsie oor Vervoer in beide Afrikaans en Engels. Dis oulik om uit te druk op A4 en te gebruik as plakkate of flitskaarte oor verskillende vervoermiddels.
Indien jy nie belangstel in my produkte nie is daar honderde ander om van te kies – ook gratis! AfrOnnie het byvoorbeeld vraestelle opgelaai en Juffer het klomp dinge vir die jongklomp. As jy op soek na plakkate is, het Mondvol Afrikaans weer die oulikste plakkate opgelaai. Daar is amper meer Afrikaanse produkte as Engelse produkte – uiteindelik kwaliteit hulpmiddels wat jy in jou klaskamer kan gebruik!
Screen Shot 2015-08-04 at 8.38.45 PM
Teacha! is ‘n aanlyn mark vir onderwysers om hul hulpbronne te verkoop. Dis maklik. Jy registreer en laai jou produkte in ‘n japtrap op. Onderwysers kan dan jou hulpbronne koop teen ‘n minimale prys. Om moeite te doen vir lesse was nog nooit van te vore so belonend nie.
En vir díé wat nie kans sien om iets aanlyn te koop nie, onthou, Onnies Online is eerstens ‘n plek vir Onnies om bymekaar te kom en gratis hulpmiddels te deel. So as jy iets het om te deel, stuur vir ons ‘n e-pos en ons laai dit graag op. Duisende onnies sal net te dankbaar wees!
Indien daar iets is wat jy BAIE graag wil hê en dis nêrens beskikbaar nie, lewer hier onder kommentaar en laat weet ons wat jy graag in ons winkel sal wil sien.
Geniet dit!

Thursday, November 26, 2015

Die beste DEPICTA produkte teen 15% afslag!

Onnies Online het al voorheen oor Depicta geskryf (gaan kyk bietjie hoe my klaskamer van al die mooi Depicta plakkate lyk). Nou het Depicta ‘n spesiale aanbieding spesiaal vir Onnies Online lesers en ondersteuners!
Een ding is vir seker, Depicta is altyd uitstekend met kliëntediens en hul produkte is van ‘n uitstekende gehalte. Depicta maak plakkate wat in die volgende kategorieë val.
Afrikaanse Klanke en Spelling, Afrikaanse Taal en Letterkunde, Besigheidstudies, Biologie, Die Liggaam, Drama en Dans, EBW, Geografie, Geskiedenis, Handskrif, Kuns, LO, Lewensvaardighede, Musiek, Natuurwetenskappe, Rekenaars, Suid-Afrika, Tegnologie, Veiligheid, Verjaarsdae en Pligte, Waardes, Wiskunde, Wetenskap en Boelies.
Dis kleurvol, informatief en korrek. Die pryse is ook baie billik. Sommige produkte is beskikbaar teen slegs R12!
Kyk net hoe oulik is van hulle plakkate!
Maar onthou, Depicta het ook verskeie produkte wat beide onnies en ouers kan help. Hulle werkboeke en flitskaarte kan sommer deur ouers by die huis gebruik word. Die kleurvolle borde en grootboeke is gepas vir enige grondslagfase-klaskamer of selfs vir hoër Addisionele Taal-klasse. Die Hennie Hasie-reeks is van onskatbare waarde om vir leerlinge ‘n verskeidenheid vaardighede op ‘n genotvolle, interessante en opvoedkundige wyse aan te leer. Hierdie boek (en die ander Hennie Hasie-boeke) kan vir Gr R tot Gr 3 gebruik word. Die onderwerpe/temas mag van toepassing wees op spesifieke grade, maar kan as aanvullende inligting vir ander grade gebruik word.
Oulike grootboeke deur Depicta
Hennie Hasie Grootboek
Werkboekies

Noudat Afrikatale in die Grondslagfase ingebring gaan word, is die Zulu plakkate ook van groot hulp vir die onnies wat Zulu as derde taal gaan moet aanbied.
Zulu posters for classroom
Onthou om elke nou en dan jou plakkate te verander om aan te pas by temas wat jy in jou klas behandel. Plakkate teen jou mure behoort nie net vir verfraaiing te wees nie, maar moet opvoedkundig wees. Verander elke nou en dan die plek van sekere plakkate om belangrikheid daarvan te beklemtoon. Beweeg sommer wanneer jy klasgee na belangrike plakkate en wys vir leerders dat daardie spesifieke plakkaat inligting bevat wat hulle dalk later sal nodig hê. Onthou dat die beste plakkate ook soms deur jou leerders gemaak word. Wanneer daardie een plakkaat wat jy soek nêrens beskikbaar is nie, laat jou leerders plakkate maak en hou die beste een dalk vir volgende jaar.
Indien jy daarin belangstel om Depicta produkte te koop, gaan gerus na hul aanlynwinkel om na hulle katalogus te kyk. Jy kan al jou gunsteling plakkate aanlyn bestel. Onnies kry 15% afslag tot die einde van November deur die “Coupon Code” OnniesOnline by die “Checkout” bladsy in te tik. Gaan kyk gerus en koop nou vir volgende jaar!
onniesonline depicta afslag
Vrywaring: Hierdie artikel is deur Depicta geborg.

Sunday, May 3, 2015

Oulike plakkate vir die klaskamer!

Ek het aan die begin van die kwartaal weer begin skoolhou nadat ek verledejaar na groener weivelde gesoek het. Toe ek hoor ek het ‘n week om weer terug te keer en dat ek net een  vak sou aanbied het ek skoon begin stres oor wat ek met al die leë mure in my klas gaan maak!
Gelukkig het ek nog ‘n paar plakkate gehad wat ek gemaak het in die Desembervakansie voor ek begin skoolgee het. Ek het ook heelwat Depicta plakkate wat ons skool se Afrikaansdepartement aangekoop het en wat ek onlangs van hulle ontvang het. Ek is sommer baie trots op hoe my klaskamer nou lyk en die kinders is ook mal daaroor! Hierdie is definitief die beste plakkate vir die klaskamer.


Depicta het by verre die beste verskeidenheid plakkate in Suid-Afrika. Die inligting wat op die plakkate is, is akkuraat en word effektief visueel voorgestel. Vir my klaskamer het die Afrikaanse Taal en Letterkunde plakkate die beste gewerk en omdat ek ‘n Addisionele Taalonnie is weet ek die leerders moet heeltyd herinner word aan hul taalreëls. Daarom het ek sommer ‘n hele naslaan-bord gemaak waar die leerders kan staan en lees. In ons Afrikaanse kantoor gebruik ons ook die Klanke en Spelling plakkate om die immigrant leerders met beginner Afrikaans te help.
Vir die grondslagfase onnies is daar vreeslik oulike grootboekeflitskaarte en werkboekies wat in stelle van 10 verkoop word. Hulle verkoop ook speletjies wat kinders vir ure lank sal besig hou. Hennie Hasie is tog te oulik.
Laerskool- en Hoërskoolonnies sal ook mal wees oor die plakkate vir verskeie vakke soos Wiskunde, Wetenskap, Besigheidstudies, Geskiedenis en meer. Ek hou veral van hulle plakkate wat oor Suid-Afrika gaan en vertel oor dinge soos ons openbare vakansiedae, landsvlag en volkslied. Kyk onder na van my gunsteling plakkate en produkte.
Ek gebruik ook nou al lank hul plakkers. Dis spotgoedkoop (R12!) en die kinders (al is sommige van hulle al in graad 9) hou nog van die ou-skool manier om beloon te word!
Wees ook op die uitkyk vir spesiale aanbiedinge. Depicta het gewoonlik uitverkopings op hulle plakkate en produkte. Daar is gewoonlik winskopies op plakkate wat vanaf R12 verkoop word!
Die ander lekker ding van Depicta is dat ‘n mens aanlyn kan bestel. Jy verdien ook lojaliteitspunte wanneer jy by hulle koop, so maak sommer seker dat die hele skool deur jou koop dan kry jy lekker baie punte wat jy weer in die Depicta-winkel kan bestee!
Onnies is altyd op soek na dinge om hul klassies oulik te laat lyk. Hier is sommer nou vir julle ‘n vinnig en maklike oplossing.
Hierdie artikel is oorspronklik op Onnies Online. 

Finally! A marketplace for South African Teachers!



Have you always wanted to make some extra cash by selling your teacher made resources? Have you made of overseas platforms that only support paying in dollars? Your South African alternative is finally here.

On Teacha! you can find resources from grade R to grade 12. These powerpoints, posters, printables, worksheets and other teacher resources will save you hours of time and will ensure that your lessons are always engaging and fresh!

Various teachers have already signed up as vendors on Teacha selling their resources such as Onnies Online (my website that I started after this blog did really well), Juffer, who specialises in Foundation Phase resources, Mrs Swano who has many English resources and also Clever Mind Series - who also focuses on reading on writing in the primary years.

These products range from free to R30 and you pay no transaction fees on your purchases.

What are you waiting for? Start selling now!

Visit Teacha at teachingresources.co.za and find South African teaching resources for your classroom.


Thursday, March 26, 2015

Afrikaanse Hulpbronne

Op soek na die beste Afrikaanse hulpbronne? Hier is jou oplossing!

My nuwe webtuiste is propvol Afrikaanse hulpbronne, veral Afrikaans Eerste Addisionele Taal hulpbronne vir die tweedetaal leerders wat so sukkel...

Daar is sommer klomp PowerPoints oor gedigte, video's vir jou klaskamer en selfs werkkaarte!

Onnies Online is 'n webtuiste wat Onnies 'n plek gee om bymekaar te kom. Dis 'n gemeenskap waar jy kan lees oor al die nuutste gebeure in SA Onderwys sowel as in die wêreld. Ons is ook baie aktief op Facebook en Twitter - so gaan soek na ons en like ons page!

Besoek Onnies Online vandag nog vir die beste Afrikaanse hulpbronne oor idiome, stylfigure en dan natuurlik 'n hele paar ander vakke soos Life Skills (Engels), History & Geography (ook in Engels). Dis meestal gerig op die Seniorfase, maar julle kan dit aanpas soos benodig.\

Gaan geniet dit - besoek dit hier!

Tuesday, December 31, 2013

Facebook en Twitter

By Jean Vermeulen

Word vriende met Onnies Online op Facebook en Twitter om die nuutste hulpbronne van Mnr Vermeulen te kry!

Facebook: www.facebook.com/onniesonline
Twitter: https://twitter.com/OnniesOnline

Gaan besoek gerus ook Onnies Online en word deel van die netwerk.



  Google

Onnies Online


Onnies Online provides free quality resources for South African teachers and offers a space to connect with fellow teachers! In Afrikaans óók!

Soek jy graag hulpbronne vir jou klaskamer? Gaan gerus na Onnies Online. Dit is jou een-stop webtuiste vir alle Suid-Afrikaanse onderwysers. Jy kan ook jou hulpbronne daar deel met ander onderwysers. Die webtuiste word deur dieselfde skrywer as hierdie blog opgedateer en die inhoud is meestal deur hom ook gemaak.

Afrikaanse hulpbronne vir die klaskamer is maar skaars! 

Die volgende hulpbronne is beskikbaar op Onnies Online:
- Afrikaanse videos vir die klaskamer
- Literatuur vir tieners en die jeug
- Gidse vir voorgeskrewe boeke
- PowerPoints vir Afrikaans, Sosiale Wetenskappe en meer!
- Idees vir die gebruik van tegnologie in die klaskamer
- Skakels na nuttige webtuistes
- en vele meer!



By Jean Vermeulen

Wednesday, October 17, 2012

Prepositions - Grade 4

By Jean Vermeulen

This presentation is for First Additional Language learners but could also be used for home language revision!



click here to download the presentation!

I also played a game with the learners where they had to use the prepositions on the slide and a random item picked from a box to make sentences. e.g. the potato is UNDER Mr. Vermeulen's chair.

Enjoy! 

Thursday, September 27, 2012

Hoe om jou eie blog te begin

So jy wil ook blog?

Mense stereotipeer soms dat Suid-Afrika agter is in alles van televisieprogramme tot tegnologie. Maar dit hoef nie so te wees nie! Die res van die wêreld se onnies doen dit, en jy kan ook! Dis eenvoudig. Jy kan jou eie blog vandag nog begin en jou wonderlike idees met almal deel!


`n Blog hoef nie net iets te wees waar jy jou persoonlike gevoelens aan iemand oordra nie. Dit kan op enige manier denkbaar gebruik word as jy kreatief daaroor dink!

1.    So hoe kan jy dit in jou klaskamer gebruik? Of dalk in jou skool?

·         `n klasblog:
ü  kommunikeer nuus, huiswerk en opdragte deur middel van die blog, neem foto’s en vertel vir ouers wat daagliks in jou klas aangaan. Leerders kan ook weekliks `n beurt kry om `n kort verslaggie op die blog te sit. Moedig ouers en leerders dan aan om soveel as moontlik kommentaar te lewer. Onthou net om die kommentaar te modereer...
ü  `n Klasblog kan ook goed wees vir verryking. Leerders wat dalk meer aandag nodig het kan ekstra inligting kry op die blog of daar kan skakels geplaas word na opvoedkundige speletjies / webtuistes waar leerders alles kan oefen van lees, spelling, vasvra speletjies ens. Daar is ook webtuistes waar `n mens self oefeninge kan uitwerk wat hul moet voltooi, google dit net!

·         `n klubblog:
ü  Het julle klubs by die skool soos bv. rekenaarklubs, fotografie, kuns ens? Die blog is `n permanente uitstalling van wat in die klubs aangaan. Wanneer ander leerders en ouers sien wat in hierdie klubs gebeur sal dit hul ook aanmoedig om deel te word van die klub! Die lekker ding van blogs is dat `n mens foto’s kan deel met die wêreld, maak gebruik daarvan, deel jou idees met ander mense en laat almal sien watter fantastiese goed jy saam die leerders doen!

·         `n blog as `n deurlopende taak:
ü  Hierdie is meer vir die groter leerders, veral in tale kan dit lekker werk. Skep `n blog en gee vir die hele klas regte om aan die blog te mag verander. Besluit waaroor die blog kan gaan, dit kan enigiets wees van `n klasdagboek tot `n blog oor die klas se gunsteling dinge. Dit kan verhalend wees waar leerders hul skryfwerk moet publiseer. Dalk kan dit oor `n kwartaal gedoen word waar `n storie begin word deur die onderwyser en elke week moet `n groep verder skryf aan die `blog-boek.’
Hier is `n kort opsomminkie:
§ ‘n blog-boek
§ `n blog-klasdagboek
§ Navorsing oor verskeie temas soos “my gunsteling skrywer”
§ Ondersoek vir bv. omgewingsopvoeding waar die blog berigte kan bevat oor die stand van die leerders se omgewing (besoedeling)
§ Publiseer elke week / maand jou resensie oor `n boek wat jy gelees het
§ Lewer sosiale kommentaar (soos celeb nuus of profiele oor jou gunsteling kunstenaars ens)

·         `n blog as aanvullend tot die skoolkoerant / weekblad / nuusblad:
ü  Daar word baie keer goed uit die nuusblad gelaat omdat daar te veel goed gebeur en sekere goed maar net as belangriker geag word, dit beteken nie dit hoef uitgelaat te word nie! Skep `n blog waar ekstra foto’s nuus en allerhande verskillende gebeure aan ouers gekommunikeer word. Dit kan ook minder ernstig wees en veral die pret en snaakse goedjies wat gebeur daagliks kan daarop geplaas word.

·         `n blog in jou professionele kapasiteit as opvoeder

ü 
Dit is nie net `n tendens in Suid-Afrika om jou hulpbronne met ander onderwysers te deel nie, maar reg oor die wêreld. Skep `n blog en deel jou idees, lesse, hulpbronne soos werkkaarte en PowerPoint skyfies. Ander onderwysers sal jou ewig dankbaar wees!
Daar is regtig tonne idees oor hoe om blogs te gebruik op die web. Jy kan veral Engelse onnies se idees gryp en dit net op toepassing maak vir Afrikaans. Gebruik jou verbeelding, onnies is mos kreatief! ;)


So hoe skep mens `n blog?



By Jean Vermeulen