Idioresies!

Bordspeletjie vir die Afrikaanse klaskamer!!

Fakebook!

Some ideas of how to use fake Facebook profiles in the classroom.

Gedigte

Afrikaans Huistaal: Graad 4

Samestellings!

'n les oor samestellings vir Graad 4

Dis Sokkertyd!

'n Sokkertema kan baie pret wees...

Monday, August 20, 2012

Bywoorde en byvoeglike naamwoorde



Hierdie les gaan oor bywoorde en byvoeglike naamwoorde. Dit is maar eintlik net 'n hersieningsles. Dit kan gebruik word van graad 4 - 7. Die bywoorde kan dalk net gespesifiseer word na bywoorde van tyd, plek en wyse.

Hier is die powerpoint. Daar is ook 'n stukkie van Kurt Darren se papsopwinterwaternat om byvoeglike naamwoorde te verduidelik.

Die kaartjies is vir 'n 'ysbreek' aktiwiteit. Die leerders trek kaartjies uit twee verskillende hoede. In een hoed is daar bywoorde en in die ander is daar werkwoorde. Die leerders moet dan hierdie kaartjies gebruik om dit uit te beeld. Hul leer dan so oor bywoorde. Maak seker om te beklemtoon dat die een kaartjie die ander kaartjie moet beskryf.

Dan het ek ook 'n blokkiesraaisel gemaak, kyk gerus daarna! Hul moet maar net die bywoorde en b.nw. invul van die sinne!

Genieeeeeet dit mensies!

_________________________________

Gaan kyk natuurlik ook op Onnies Online vir die beste Afrikaanse hulpbronne wat jy kan kry!


Daar is ook baie hulpbronne op Teacha! Hierdie webstuiste het hulpbronne vir alle vakke van graad 1 tot 12 en alles kan afgelaai word teen 'n minimale koste. Jy kan ook jou hulpbronne daarop verkoop! Gaan kyk vandag nog.

Thursday, August 16, 2012

Weervoorspelling - Natuurwetenskappe Graad 4

In hierdie les het ek 'n inleiding tot die weer gedoen. Wat die impak van die weer op ons daaglikse lewens is ens. Dit loop aaneen met die modules wat beskikbaar is op CNX.org vir Natuurwetenskappe Graad 4. Van die grafika is ook van die webtuiste is (die simbole en hierdie weerkaart uit die Burger).


Weerkaart / weervoorspelling

Die powerpoint bevat inligting en prente wat oor weervoorspelling gaan en gaan hand aan hand saam met die module wat genoem is bo. Kry die powerpoint hier. Aan die einde het ek 'n speletjie voorberei waar ek vir die leerders die weerstoestande gewys het. Hulle moes dan die regte simbool wys wat die verduideliking illustreer. Kry die simbole hier.

Die eerste link gaan na 'n illustasie van die weer hoe dit op die oomblik is ('live') en meeste van die beeldmateriaal (satellietbeelde) is gekry vanaf Kobus Botha Weather.

Geniet dit! 

_________________________________

Gaan kyk natuurlik ook op Onnies Online vir die beste Afrikaanse hulpbronne wat jy kan kry!


Daar is ook baie hulpbronne op Teacha! Hierdie webstuiste het hulpbronne vir alle vakke van graad 1 tot 12 en alles kan afgelaai word teen 'n minimale koste. Jy kan ook jou hulpbronne daarop verkoop! Gaan kyk vandag nog.

Wednesday, August 8, 2012

Suiwelboerdery


Hierdie is 'n slideshow vir Graad 4 Sosiale Wetenskappe. Dit gaan oor Suiwelproduksie. In die slideshow is daar 'n skakel wat gaan na 'n interaktiewe (engelse) aktwiteit oor die storie van melk van koei tot kombuis. Dit is baie oulik en die kinders het dit baie geniet, al is dit in engels. Jy kan maar net dit vertaal ook. Die aktiwteit aan die einde is net eenvoudig die suiwelproduksieketting waar hul moet beskryf wat in elke prentjie gebeur.


Haiku

Some examples of Haiku's and a description of what it is. Also includes a Wordle that contains words that describes the weather. The slideshow is ideal for younger grades. I used it in Grade 4 (additional language). They wrote the cutest haiku's!

Download the slideshow here

Samestellings



Hier is 'n lessie wat ek met Graad 4's gedoen het. Dit verduidelik maar net samestellings met prentjies wat bymekaar gesit word. As 'n klasaktiwiteit (speletjie) na die les kan die leerders in pare prente bymekaar sit om hul eie woorde te vorm. 

Kliek hier vir die powerpoint en hier vir die drukbare kaartjies! 

Geniet dit...


Monday, August 6, 2012

'n wordle vir samestellings!

Wordle: samestellings

kyk of jy al die woorde bymekaar kan sit!

kliek hier http://www.wordle.net/show/wrdl/5544408/samestellings

Tuesday, July 31, 2012

Miem maak 'n jas




Net 'n klein videotjie wat ek vir Graad 4's gemaak het om te wys dat mens verskillende karakters kan wees! Baie vinnig en rof gedoen! :)

Afrikaanse Aflaaibare Materiaal vir Graad 4!

kleuters






Kyk net wat het ek gevind! Dit is fantasties! Rare Afrikaanse werkvelle en inligting vir Graad 4's! Daar is onder meer inligting oor alles van aanhalingstekens tot afkappingstekens en alles van paronieme tot homonieme! Gaan kyk gerus na die lang lys van aflaaibare materiaal! Dit is 'n MOET SIEN!!!

Gaan HIER na www.kleuters.co.za se Graad 4 afdeling.

------------------------------------------------------------------------------------------------------

Gaan kyk natuurlik ook op Onnies Online vir die beste Afrikaanse hulpbronne wat jy kan kry!


Daar is ook baie hulpbronne op Teacha! Hierdie webstuiste het hulpbronne vir alle vakke van graad 1 tot 12 en alles kan afgelaai word teen 'n minimale koste. Jy kan ook jou hulpbronne daarop verkoop! Gaan kyk vandag nog.



Pictures to describe!

Here's some interesting pictures that could be very useful in the language classroom! In English FAL it can be used as a scene that learners need to describe as a class discussion to get those English juices flowing and the pictures are reaaaally busy so they can write a lot about it in a descriptive essay or paragraph....

This is what I did:
               - slideshow
               - cloze exercise








Friday, July 20, 2012

Create cool infographics!


The image above was created on www.easel.ly and is super awesome! It takes a while to get used to the functions etc. but its worth it! Maybe older students can make use if it... but for primary schools it is a no-no! But maybe it can work? You'll never know until you try! Check / Try it out! 


Could be really useful for Geography!

Thursday, May 31, 2012

Learning About Leaders (Grade 4) - Nelson Mandela



Nelson Mandela (Grade 4 Social Sciences)



According to the CAPS document 5 hours should be spent on the life story of Nelson Mandela. The following resource is absolutely amazing!! 


There's information about his life and also some images and a video. But the best of it all is the interactive game! Its in a talk show format and Madiba's accent is quite funny! (They tried... lol!) It asks questions (easy questions) about Madiba. The learners can complete it at home or even at school in the computer lab. Maybe you can use it as a class exercise! 


Here's the link: BBC Primary History - Nelson Mandela

Enjoy!! :-) 

die kind video: 'n kompliment van die sangeres self!

Die volgende boodskap was 'n totale verrassing vir my! En 'n baie groot kompliment!


Onthou die video wat ek gemaak het van 'n getoonsette weergawe van Ingrid Jonker se 'Die Kind?' Wel, die sanger, Joanna Kaze, het dit opgespoor op YouTube en het die volgende daaroor te se gehad:


I think it's an amazing video that you made so I should thank you !I'm so glad you and the kids like it,it's one of those poems that you either are sure you get it right or you don't do it at all because there is so much power and importance to it .And again,the video is great,it really portrays the power of the poem!...Thanks for making this,again! It really was a great surprise finding it

Wel, daar het julle dit! Nou kan julle dit maar gerus in jul lesse ook gebruik! Hier is dit weer:

Idioresies! 'n Idioom Bordspeletjie

'n Bordspeletjie wat leerders se idioomskat verbreed!

Ek het hierdie bordspeletjie gemaak vir 'n Afrikaanse taak, ons moes speletjies uitdink om vir leerders idiome op 'n prettige manier aan te leer. Hierdie is my eindproduk.

Van die idiome is nogal moeilik. Ek weet nie of dit geskik is vir die Grondslagfase nie, maar ek dink tog dit kan aangepas word as jy dalk jou eie makliker idiome wil gebruik.

Die speletjie werk so:

Die leerders speel in spanne van twee (tot 4 spanne). Hul gooi 'n dobbelsteentjie wat 4 verskillende kleure op het (die ander twee kante kan wees "kies 'n kleur" of "mis 'n beurt" wat dit bietjie meer interessant maak!). Daar is dan 15 kaartjies wat verskillende kleure is in 4 gekleurde koeverte. Een lid van die span haal dit uit en wys die prentjie / dramatiseer / teken / speel die liedjie en die ander lid raai die idioom en gee die betekenis. Hul skuif dan aan soos in die instruksies aangedui word.

Hoe om dit te maak:

Druk die bord uit vir die bordspeletjie op 'n A3 papier, of twee A4 papiere en plak dit op 'n lekker stewige bord.

Knip uit die kaartjies wat verskaf word. Die prentjies (spotprente) moet agterop die prentjie-kaartjies geplak word sodat die spanlid steeds die antwoord kan sien. Ek het myne gelamineer sodat ek dit nog lank kan gebruik.

Maak 'n dobbelsteentjie wat ooreenstem met die vier kleure wat jy gebruik.

Koop sommer 4 karretjies by Shoprite. Dis net R2 een. Dobbelsteentjies is sommer baie goedkoop as jy dit by die R5-winkel koop.

Laai die 15 liedjies af (sommer die hele 'folder' van 4shared.com. Dit is net klein deeltjies uit die liedjies, minder as 'n minuut elk, so ek dink darem nie dit is te onwettig om dit af te laai nie!)

Hier is die verskillende dele van die speletjie:

Die bordspeletjie in PDF formaat: Kliek hier!!

Die kaartjies in PDF formaat: Kliek hier!!

Die instruksies in PDF formaat: Kliek hier!!

Die CD kassie se binnekant ook in PDF formaat: Kliek hier!!

Die link na 4shared om die 'folder' met die 15 liedjies af te laai (dis altesaam so 5mb, nie te erg nie!): http://www.4shared.com/folder/evMcNcSL/Idioom_liedjies.html (jy sal moet registreer, maar hul spam mens darem nie, so dis ok!)

06/06/2012: As die link bo nie werk nie, probeer gerus die volgende een: https://docs.google.com/folder/d/0B2Lo9xCIhk9qNFhfSkZLa21EcHM/edit

Laat weet asb as dit nie werk nie!

Die kaartjies kan ook afsonderlik gebruik word. Dink hoe jy die kaartjies kan gebruik in 'n les. Dalk kan die kaartjies dien as 'n "idioom 'n dag" kaartjie en die leerders roteer die kaartjies en moet dalk 'n paar sinne skryf agter in hul boek waarin hul die idioom gebruik. Of dit kan net lekker wees om dit uit te deel en dan moet elkeen probeer om sy idioom op een of ander kreatiewe manier te verduidelik. Die liedjies kan ook afsonderlik gespeel word in 'n les waar die klas saam die idioom moet identifiseer! Klink na pret! Kan nie wag om dit in die klas te toets nie... :-) 

Laat weet my asb hoe die leerders dit vind in die klas, dan kan ek dalk aanpassings maak... :) 

_________________________________

Gaan kyk natuurlik ook op Onnies Online vir die beste Afrikaanse hulpbronne wat jy kan kry!


Daar is ook baie hulpbronne op Teacha! Hierdie webstuiste het hulpbronne vir alle vakke van graad 1 tot 12 en alles kan afgelaai word teen 'n minimale koste. Jy kan ook jou hulpbronne daarop verkoop! Gaan kyk vandag nog.


Thursday, May 24, 2012

dit vorder goed...


Jy kan ook self so oulike dingetjie maak soos hier bo! Gaan na www.fodey.com! Jy kan verskillende goed maak, soos 'n tamatie met 'n spraakborrel of 'n koerantvoorblad wat nogal goed kan werk vir die Sosiale Wetenskappe klaskamer.

Geniet dit! ;)

Sunday, May 20, 2012

Pasella Luistertoets!



Afrikaanse luistertoetse kan somtyds tog so vervelig wees vir leerders! Ek is seker leerders sal liewer na 'n video wil kyk en daarvolgens vrae beantwoord as om te luister na wat met arme Tant San se groottoon gebeur het volgens die Huisgenoot (nie dat ek enigiets teen die Huisgenoot het nie! ;-) )

Hierdie Pasella insetsel gaan oor Tesselaarsdal. Dit leer sommer vir leerders van 'n nuwe plekkie ook. Ek het nie die hele insetsel gebruik nie, omdat dit te lank raak.

Hier is eenvoudige inhoudsvrae oor die insetsel!

Geniet die luistertoets!

O ja! En ek het hierdie ekstra brokkie inligting op Pasella se webtuiste gekry oor die insetsel. Dit kan dalk gebruik word as 'n begripstoets? Gaan kyk gerus hier!