Net 'n klein videotjie wat ek vir Graad 4's gemaak het om te wys dat mens verskillende karakters kan wees! Baie vinnig en rof gedoen! :)
Idioresies!
Bordspeletjie vir die Afrikaanse klaskamer!!
Fakebook!
Some ideas of how to use fake Facebook profiles in the classroom.
Gedigte
Afrikaans Huistaal: Graad 4
Samestellings!
'n les oor samestellings vir Graad 4
Dis Sokkertyd!
'n Sokkertema kan baie pret wees...
Tuesday, July 31, 2012
Miem maak 'n jas
Net 'n klein videotjie wat ek vir Graad 4's gemaak het om te wys dat mens verskillende karakters kan wees! Baie vinnig en rof gedoen! :)
Afrikaanse Aflaaibare Materiaal vir Graad 4!

Kyk net wat het ek gevind! Dit is fantasties! Rare Afrikaanse werkvelle en inligting vir Graad 4's! Daar is onder meer inligting oor alles van aanhalingstekens tot afkappingstekens en alles van paronieme tot homonieme! Gaan kyk gerus na die lang lys van aflaaibare materiaal! Dit is 'n MOET SIEN!!!
Gaan HIER na www.kleuters.co.za se Graad 4 afdeling.
------------------------------------------------------------------------------------------------------
Gaan kyk natuurlik ook op Onnies Online vir die beste Afrikaanse hulpbronne wat jy kan kry!
Daar is ook baie hulpbronne op Teacha! Hierdie webstuiste het hulpbronne vir alle vakke van graad 1 tot 12 en alles kan afgelaai word teen 'n minimale koste. Jy kan ook jou hulpbronne daarop verkoop! Gaan kyk vandag nog.
Pictures to describe!
Here's some interesting pictures that could be very useful in the language classroom! In English FAL it can be used as a scene that learners need to describe as a class discussion to get those English juices flowing and the pictures are reaaaally busy so they can write a lot about it in a descriptive essay or paragraph....
This is what I did:
Friday, July 20, 2012
Create cool infographics!
The image above was created on www.easel.ly and is super awesome! It takes a while to get used to the functions etc. but its worth it! Maybe older students can make use if it... but for primary schools it is a no-no! But maybe it can work? You'll never know until you try! Check / Try it out!
Could be really useful for Geography!
Thursday, May 31, 2012
Learning About Leaders (Grade 4) - Nelson Mandela
Nelson Mandela (Grade 4 Social Sciences)
According to the CAPS document 5 hours should be spent on the life story of Nelson Mandela. The following resource is absolutely amazing!!
There's information about his life and also some images and a video. But the best of it all is the interactive game! Its in a talk show format and Madiba's accent is quite funny! (They tried... lol!) It asks questions (easy questions) about Madiba. The learners can complete it at home or even at school in the computer lab. Maybe you can use it as a class exercise!
Here's the link: BBC Primary History - Nelson Mandela
Enjoy!! :-)
die kind video: 'n kompliment van die sangeres self!
7:12 PM
No comments
Die volgende boodskap was 'n totale verrassing vir my! En 'n baie groot kompliment!
Onthou die video wat ek gemaak het van 'n getoonsette weergawe van Ingrid Jonker se 'Die Kind?' Wel, die sanger, Joanna Kaze, het dit opgespoor op YouTube en het die volgende daaroor te se gehad:
Wel, daar het julle dit! Nou kan julle dit maar gerus in jul lesse ook gebruik! Hier is dit weer:
Onthou die video wat ek gemaak het van 'n getoonsette weergawe van Ingrid Jonker se 'Die Kind?' Wel, die sanger, Joanna Kaze, het dit opgespoor op YouTube en het die volgende daaroor te se gehad:
I think it's an amazing video that you made so I should thank you !I'm so glad you and the kids like it,it's one of those poems that you either are sure you get it right or you don't do it at all because there is so much power and importance to it .And again,the video is great,it really portrays the power of the poem!...Thanks for making this,again! It really was a great surprise finding it
Wel, daar het julle dit! Nou kan julle dit maar gerus in jul lesse ook gebruik! Hier is dit weer:
Idioresies! 'n Idioom Bordspeletjie
6:50 PM
Afrikaans, grondslagfase, idees om idiome in die klaskamer te gebruik, idiome, idioom liedjies, idioom speletjie, idioom spotprente, Intermediêre Fase, lesidees
7 comments
'n Bordspeletjie wat leerders se idioomskat verbreed!
Ek het hierdie bordspeletjie gemaak vir 'n Afrikaanse taak, ons moes speletjies uitdink om vir leerders idiome op 'n prettige manier aan te leer. Hierdie is my eindproduk.
Van die idiome is nogal moeilik. Ek weet nie of dit geskik is vir die Grondslagfase nie, maar ek dink tog dit kan aangepas word as jy dalk jou eie makliker idiome wil gebruik.
Die speletjie werk so:
Die leerders speel in spanne van twee (tot 4 spanne). Hul gooi 'n dobbelsteentjie wat 4 verskillende kleure op het (die ander twee kante kan wees "kies 'n kleur" of "mis 'n beurt" wat dit bietjie meer interessant maak!). Daar is dan 15 kaartjies wat verskillende kleure is in 4 gekleurde koeverte. Een lid van die span haal dit uit en wys die prentjie / dramatiseer / teken / speel die liedjie en die ander lid raai die idioom en gee die betekenis. Hul skuif dan aan soos in die instruksies aangedui word.
Hoe om dit te maak:
Druk die bord uit vir die bordspeletjie op 'n A3 papier, of twee A4 papiere en plak dit op 'n lekker stewige bord.
Knip uit die kaartjies wat verskaf word. Die prentjies (spotprente) moet agterop die prentjie-kaartjies geplak word sodat die spanlid steeds die antwoord kan sien. Ek het myne gelamineer sodat ek dit nog lank kan gebruik.
Maak 'n dobbelsteentjie wat ooreenstem met die vier kleure wat jy gebruik.
Koop sommer 4 karretjies by Shoprite. Dis net R2 een. Dobbelsteentjies is sommer baie goedkoop as jy dit by die R5-winkel koop.
Laai die 15 liedjies af (sommer die hele 'folder' van 4shared.com. Dit is net klein deeltjies uit die liedjies, minder as 'n minuut elk, so ek dink darem nie dit is te onwettig om dit af te laai nie!)
Hier is die verskillende dele van die speletjie:
Die bordspeletjie in PDF formaat: Kliek hier!!
Die kaartjies in PDF formaat: Kliek hier!!
Die instruksies in PDF formaat: Kliek hier!!
Die CD kassie se binnekant ook in PDF formaat: Kliek hier!!
Die link na 4shared om die 'folder' met die 15 liedjies af te laai (dis altesaam so 5mb, nie te erg nie!): http://www.4shared.com/folder/evMcNcSL/Idioom_liedjies.html (jy sal moet registreer, maar hul spam mens darem nie, so dis ok!)
06/06/2012: As die link bo nie werk nie, probeer gerus die volgende een: https://docs.google.com/ folder/d/ 0B2Lo9xCIhk9qNFhfSkZLa21EcHM/ edit
Laat weet asb as dit nie werk nie!
Die kaartjies kan ook afsonderlik gebruik word. Dink hoe jy die kaartjies kan gebruik in 'n les. Dalk kan die kaartjies dien as 'n "idioom 'n dag" kaartjie en die leerders roteer die kaartjies en moet dalk 'n paar sinne skryf agter in hul boek waarin hul die idioom gebruik. Of dit kan net lekker wees om dit uit te deel en dan moet elkeen probeer om sy idioom op een of ander kreatiewe manier te verduidelik. Die liedjies kan ook afsonderlik gespeel word in 'n les waar die klas saam die idioom moet identifiseer! Klink na pret! Kan nie wag om dit in die klas te toets nie... :-)
Laat weet my asb hoe die leerders dit vind in die klas, dan kan ek dalk aanpassings maak... :)
Gaan kyk natuurlik ook op Onnies Online vir die beste Afrikaanse hulpbronne wat jy kan kry!
Hoe om dit te maak:
Druk die bord uit vir die bordspeletjie op 'n A3 papier, of twee A4 papiere en plak dit op 'n lekker stewige bord.
Knip uit die kaartjies wat verskaf word. Die prentjies (spotprente) moet agterop die prentjie-kaartjies geplak word sodat die spanlid steeds die antwoord kan sien. Ek het myne gelamineer sodat ek dit nog lank kan gebruik.
Maak 'n dobbelsteentjie wat ooreenstem met die vier kleure wat jy gebruik.
Koop sommer 4 karretjies by Shoprite. Dis net R2 een. Dobbelsteentjies is sommer baie goedkoop as jy dit by die R5-winkel koop.
Laai die 15 liedjies af (sommer die hele 'folder' van 4shared.com. Dit is net klein deeltjies uit die liedjies, minder as 'n minuut elk, so ek dink darem nie dit is te onwettig om dit af te laai nie!)
Hier is die verskillende dele van die speletjie:
Die bordspeletjie in PDF formaat: Kliek hier!!
Die kaartjies in PDF formaat: Kliek hier!!
Die instruksies in PDF formaat: Kliek hier!!
Die CD kassie se binnekant ook in PDF formaat: Kliek hier!!
Die link na 4shared om die 'folder' met die 15 liedjies af te laai (dis altesaam so 5mb, nie te erg nie!): http://www.4shared.com/folder/evMcNcSL/Idioom_liedjies.html (jy sal moet registreer, maar hul spam mens darem nie, so dis ok!)
06/06/2012: As die link bo nie werk nie, probeer gerus die volgende een: https://docs.google.com/
Laat weet asb as dit nie werk nie!
Die kaartjies kan ook afsonderlik gebruik word. Dink hoe jy die kaartjies kan gebruik in 'n les. Dalk kan die kaartjies dien as 'n "idioom 'n dag" kaartjie en die leerders roteer die kaartjies en moet dalk 'n paar sinne skryf agter in hul boek waarin hul die idioom gebruik. Of dit kan net lekker wees om dit uit te deel en dan moet elkeen probeer om sy idioom op een of ander kreatiewe manier te verduidelik. Die liedjies kan ook afsonderlik gespeel word in 'n les waar die klas saam die idioom moet identifiseer! Klink na pret! Kan nie wag om dit in die klas te toets nie... :-)
Laat weet my asb hoe die leerders dit vind in die klas, dan kan ek dalk aanpassings maak... :)
_________________________________
Daar is ook baie hulpbronne op Teacha! Hierdie webstuiste het hulpbronne vir alle vakke van graad 1 tot 12 en alles kan afgelaai word teen 'n minimale koste. Jy kan ook jou hulpbronne daarop verkoop! Gaan kyk vandag nog.
Thursday, May 24, 2012
dit vorder goed...
11:06 PM
Afrikaans, dankie, Fodey.com, Geography, History, Sosiale Wetenskappe, spraakborrels
No comments

Jy kan ook self so oulike dingetjie maak soos hier bo! Gaan na www.fodey.com! Jy kan verskillende goed maak, soos 'n tamatie met 'n spraakborrel of 'n koerantvoorblad wat nogal goed kan werk vir die Sosiale Wetenskappe klaskamer.
Geniet dit! ;)
Sunday, May 20, 2012
Pasella Luistertoets!
11:14 PM
Afrikaans, aktiwiteite, Eerste Addisionele Taal, lesidees, luistertoetse, Pasella, Tesselaarsdal, Tweedetaal, videos
No comments
Afrikaanse luistertoetse kan somtyds tog so vervelig wees vir leerders! Ek is seker leerders sal liewer na 'n video wil kyk en daarvolgens vrae beantwoord as om te luister na wat met arme Tant San se groottoon gebeur het volgens die Huisgenoot (nie dat ek enigiets teen die Huisgenoot het nie! ;-) )
Hierdie Pasella insetsel gaan oor Tesselaarsdal. Dit leer sommer vir leerders van 'n nuwe plekkie ook. Ek het nie die hele insetsel gebruik nie, omdat dit te lank raak.
Hier is eenvoudige inhoudsvrae oor die insetsel!
Geniet die luistertoets!
O ja! En ek het hierdie ekstra brokkie inligting op Pasella se webtuiste gekry oor die insetsel. Dit kan dalk gebruik word as 'n begripstoets? Gaan kyk gerus hier!
Sunday, May 6, 2012
Kaartwerk / Map Work
10:36 PM
geografie, Geography, Graad 8, map work, powerpoint, Social Sciences, Sosiale Wetenskappe, WCED
No comments
This PowerPoint presentation is adapted from the WCED Curriculum Development resource cd for Social Sciences teachers.
Ek het dit gebruik vir Graad 8's maar ek is seker dit kan aangepas word vir hoer grade so wel as laer grade!
It explains the legend of a map as well as what a map is and also the different colours on a map (man made structures, topography, etc..)
Click here to download the presentation!
Friday, April 27, 2012
Idiome!
8:11 PM
Afrikaans, Afrikaanse spotprente, idiome, Intermediêre Fase, lesidees, Mnr. Vermeulen, powerpoint, Senior Phase
No comments
Hierdie les oor idiome kan sommer vir enige graad gebruik word. Dit is lekker pret met liedjies en videos (volg net die skakels!) en daar is ook 'n aktiwiteit wat leerders na die tyd kan invul.
Hier is die PowerPoint skyfies en hier is die aktiwiteit!
Die eerste deel van die powerpoint vertel vir die leerders wat 'n idioom is en waar ons dit gebruik. Die tweede deel leer vir die leerders nuwe idiome deur gebruik te maak van spotprente van Kaaskrul.com.
Geniet dit!
Gaan kyk natuurlik ook op Onnies Online vir die beste Afrikaanse hulpbronne wat jy kan kry!
Hier is die PowerPoint skyfies en hier is die aktiwiteit!
Die eerste deel van die powerpoint vertel vir die leerders wat 'n idioom is en waar ons dit gebruik. Die tweede deel leer vir die leerders nuwe idiome deur gebruik te maak van spotprente van Kaaskrul.com.
Geniet dit!
_________________________________
Daar is ook baie hulpbronne op Teacha! Hierdie webstuiste het hulpbronne vir alle vakke van graad 1 tot 12 en alles kan afgelaai word teen 'n minimale koste. Jy kan ook jou hulpbronne daarop verkoop! Gaan kyk vandag nog.
The South African War
7:06 PM
Anglo-Boer War, Anglo-Boere Oorlog, CAPS, Grade 10, History, lesidees, powerpoint, Social Sciences, South African History, South African War
No comments
Unfortunately the South African War (Anglo-Boer War) does not feature in the Intermediate & Senior Phase CAPS documents. It is however now part of the Grade 10 History curriculum.
These presentations are aimed at a younger group. I am not sure how in depth it is taught in Grade 10, but I hope this can help!
Presentation 1: An introduction to the SA War
Presentation 2: Phases of the South African War
Presentation 3: Phases of the South African War (continued)
Presentation 4: The Scorched Earth Policy (Concentration Camps etc.)
Presentation 5: Black Involvement in the South African War and Conclusion.
Some notes on the South African War:
Notes 1: SA War Revision (Word Document)
Notes 2: Phases of the South African War (Revision) (Word Document)
The information is from a textbook "Social Sciences Today Grade 8" and various sources from the internet (I did not reference, as I only used it in class). I also do not own any of the images etc..

Monday, April 23, 2012
Fakebook! A fantastic and fun way of doing projects!
10:19 AM
Afrikaans, digters, Facebook, languages, lesidees, powerpoint, projects, social media, Social Sciences, teaching ideas, voorgeskrewe werke
No comments
Take a look at the following links I found on using Facebook as a tool in the classroom.
Some ideas for using Fakebook in the South African Classroom:
Social Sciences:
Social Sciences:
- Historic profiles of different important figures in South African History (e.g. a profile of Nelson Mandela that highlights important dates in his lifetime).
- Geography: Create a 'page' that contains information about a certain province, city, country etc..
- Also geography: Create an 'about me' page that contains information about a certain industry such as fishing or agriculture. Also use the photo page to insert photos that illustrates the topic. The captions of the photos could be part of the project...
Languages:
- Maak 'n profiel van verskillende digters en byvoorbeeld wanneer hul digbundels verskyn het.
- Karakters van romans / verhale kan ook deur middel van die profiel dien as 'n karakterskets en ook belangrike momente in die verhale uitlig.
Wednesday, March 14, 2012
Vaselinetjie: Salf vir die siel
9:57 AM
afrikaanse toneel, Andrea Streso, Anoeschka von Meck, Henry Mylne, Karin Retief, opinie, resensie, Spier Amifiteater, Theodore Jantjies, Vaselinetjie, voorgeskrewe werke, Werner Coetser, Woordfees
No comments
Toe ek gelees het dat Anoeschka von Meck se bekroonde Vaselinetjie as toneelstuk by Spier Amfiteater op die planke gebring word, het ek gespring vir kaartjies. Ek was egter weifelend omdat dit in die buitelug uitgevoer sou word en was as gevolg daarvan ongerus dat die intimiteit van die teater verlore sou raak en so dan ook die treffende boodskap van die roman. Vanaf die eerste minuut is ek egter verkeerd bewys. Ek is op ‘n warrelwind reis geneem saam met Vaselinetjie deur haar kinderdae en twee ure vlieg verby soos ‘n paar minute.Vaselinetjie as toneelstuk en Vaselinetjie as roman verskil nie hemelsbreed nie. Deur die teksverwerking van Hugo Taljaard en regie deur Henry Mylne (7de Laan), is sekere tonele egter kort geknip om heel waarskynlik die tydsduur te verkort van die toneelstuk. Dit neem in sekere opsigte weg van die intrige aangesien sommige tonele, soos die verhouding van Vaselinetjie (Andrea Streso) en Texan (Werner Coetser), as minder intens voorkom as in die roman. Dit is soms die probleem met toneelstukke wat verwerk word vanuit romans; die leser vorm ‘n meer persoonlike verhouding met die teks en beskou dan nie altyd die verhoogproduksie as voldoende nie. Hierdie kan toegeskryf word aan die leser se individuele manifestasie van die roman. Die bogenoemde is ook duidelik in Vaselinetjie; sommige tonele word as humoristies ervaar, waar dieselfde toneel in die roman op ‘n individuele vlak as meer ernstig ervaar sou word. Alhoewel dit, na my mening, nie as opsetlik humoristies uitgebeeld word nie, lag mens soms vir die ongemaklike en soms skokkende situasies soos die gebruik van kru taal en uitbeelding van sosiale kwessies soos prostitusie en geweld. Die gehoor beskou dit dalk aanvanklik as humoristies, maar word uit die teater vergesel met ‘n skuldgevoel wat hul herinner aan die erns van die kwessies wat aangespreek word, wat nie afgelag behoort te word nie.
Daar is geen verrassing in die feit dat Theodore Jantjies die Fiesta toekenning vir beste byspeler gewen het vir sy rol as Juice en Oupa Simon in die produksie nie. Sy veelsydige rolspel neem hom van ‘n kruppel ou man (Oupa Simon) tot ‘n gemene bendeleier (Juice) en beide rolle word oortuigend vertolk. Die sepiester-belaaide rolverdeling (Kim Cloete, Ingrid Paulus, Deon van Zyl) sorg vir kwaliteit rolspel wat dit duidelik maak dat hul eerder op die verhoog hoort as op die kassie. Karin Retief (Ballade vir ‘n Enkeling, Hoofmeisie) se vertolking van die rolle van Killer en Maud word ook outentiek voorgestel en sorg vir ‘n paar knop-in-die-keel oomblikke. Vaselinetjie se rol is ook oortuigend gespeel. Die enigste tekortkoming is dat haar Kaaps-Afrikaanse aksent nie sterk en oortuigend genoeg is nie, wat verwarrend kan wees.
Die eenvoudige dog funksionele stel en dekor sorg vir vinnige toneelwisseling. ‘n Paar stoele en tafels word in een toneel vinnig verander vanaf ‘n deur na ‘n bus en die verandering word effektief geïntegreer met die rolspel. Die kreatiewe gebruik van agtergrondgrafika as skepping van milieu sal ook aanklank vind by die oorheersende tienergehoor, en vergemaklik ook die vinnige verskuiwings van konteks.
Musiek en dans word op ‘n onvoorspelbare manier in die toneel ingebring wat aanvanklik die gehoor heeltemal omvergooi maar later deel word van die toneel op ‘n meer geïntegreerde manier. Die musiek en dans is ‘n goeie voorstelling van die idee dat kinderhuiskinders nie net altyd slegte tye het nie, maar dat hul steeds kinders is, en ook nou en dan op hul eie manier pret het. Die keuse van musiek is nie altyd gepas nie en kom soms as oudtyds en herhalend voor met ‘n tipe van vyftigerjare big band gevoel wat nie pas by die ouderdom van die karakters nie. Wanneer Karen Zoid se Deurmekaar egter speel in ‘n emosiebelaaide toneel, sorg dit vir ‘n hartroerende hoendervleis oomblik wat sonder die musiek nie dieselfde trefkrag sal hê nie.
Deur die outentieke voorstelling van kinderhuislewe word die kwessies wat daarmee gepaard gaan as boodskap effektief oorgedra. Die kyker word betrek in ‘n ander wêreld wat meestal onbekend is. Die Spier Amfiteater is heerlik om te besoek op ‘n warm somersaand en die toneelstuk verloor nie sy trefkrag omdat dit nie in ‘n tradisionele teater is nie. As gevolg van die ernstige kwessies wat aangespreek word en egte kru taal wat gebruik word, sal ek nie Vaselinetjie aanbeveel vir jonger laerskoolkinders nie. Hoërskoolkinders, kinders wat die boek gelees het en enigiemand anders behoort die toneelstuk te gaan kyk om kennis te maak met die harde lewe wat woed buite hul gemaksones.
**Gebaseer op Vaselinetjie tydens die Woordfees, Spier Amfiteater Stellenbosch, 10 Maart 2012
Nog nie Vaselinetjie gelees nie? Koop dit gerus hier.