Mense stereotipeer soms dat Suid-Afrika agter is in alles van televisieprogramme tot tegnologie. Maar dit hoef nie so te wees nie! Die res van die wêreld se onnies doen dit, en jy kan ook! Dis eenvoudig. Jy kan jou eie blog vandag nog begin en jou wonderlike idees met almal deel!
`n Blog hoef nie net iets te wees waar jy jou
persoonlike gevoelens aan iemand oordra nie. Dit kan op enige manier denkbaar
gebruik word as jy kreatief daaroor dink!
1. So hoe kan jy dit in jou klaskamer
gebruik? Of dalk in jou skool?
·
`n klasblog:
ü kommunikeer
nuus, huiswerk en opdragte deur middel van die blog, neem foto’s en vertel vir
ouers wat daagliks in jou klas aangaan. Leerders kan ook weekliks `n beurt kry
om `n kort verslaggie op die blog te sit. Moedig ouers en leerders dan aan om
soveel as moontlik kommentaar te lewer. Onthou net om die kommentaar te
modereer...
ü `n
Klasblog kan ook goed wees vir verryking. Leerders wat dalk meer aandag nodig
het kan ekstra inligting kry op die blog of daar kan skakels geplaas word na
opvoedkundige speletjies / webtuistes waar leerders alles kan oefen van lees,
spelling, vasvra speletjies ens. Daar is ook webtuistes waar `n mens self
oefeninge kan uitwerk wat hul moet voltooi, google
dit net!
·
`n
klubblog:
ü Het
julle klubs by die skool soos bv. rekenaarklubs, fotografie, kuns ens? Die blog
is `n permanente uitstalling van wat in die klubs aangaan. Wanneer ander
leerders en ouers sien wat in hierdie klubs gebeur sal dit hul ook aanmoedig om
deel te word van die klub! Die lekker ding van blogs is dat `n mens foto’s kan
deel met die wêreld, maak gebruik daarvan, deel jou idees met ander mense en
laat almal sien watter fantastiese goed jy saam die leerders doen!
·
`n
blog as `n deurlopende taak:
ü Hierdie
is meer vir die groter leerders, veral in tale kan dit lekker werk. Skep `n
blog en gee vir die hele klas regte om aan die blog te mag verander. Besluit
waaroor die blog kan gaan, dit kan enigiets wees van `n klasdagboek tot `n blog
oor die klas se gunsteling dinge. Dit kan verhalend wees waar leerders hul
skryfwerk moet publiseer. Dalk kan dit oor `n kwartaal gedoen word waar `n
storie begin word deur die onderwyser en elke week moet `n groep verder skryf
aan die `blog-boek.’
Hier is `n kort
opsomminkie:
§ ‘n
blog-boek
§ `n
blog-klasdagboek
§ Navorsing
oor verskeie temas soos “my gunsteling skrywer”
§ Ondersoek
vir bv. omgewingsopvoeding waar die blog berigte kan bevat oor die stand van
die leerders se omgewing (besoedeling)
§ Publiseer
elke week / maand jou resensie oor `n boek wat jy gelees het
§ Lewer
sosiale kommentaar (soos celeb nuus
of profiele oor jou gunsteling kunstenaars ens)
·
`n
blog as aanvullend tot die skoolkoerant / weekblad / nuusblad:
ü Daar
word baie keer goed uit die nuusblad gelaat omdat daar te veel goed gebeur en
sekere goed maar net as belangriker geag word, dit beteken nie dit hoef
uitgelaat te word nie! Skep `n blog waar ekstra foto’s nuus en allerhande
verskillende gebeure aan ouers gekommunikeer word. Dit kan ook minder ernstig
wees en veral die pret en snaakse goedjies wat gebeur daagliks kan daarop geplaas
word.
·
`n
blog in jou professionele kapasiteit as opvoeder
ü Dit is nie net `n tendens in Suid-Afrika om jou hulpbronne met ander onderwysers te deel nie, maar reg oor die wêreld. Skep `n blog en deel jou idees, lesse, hulpbronne soos werkkaarte en PowerPoint skyfies. Ander onderwysers sal jou ewig dankbaar wees!
So
hoe skep mens `n blog?
By Jean Vermeulen
Hi. Sir.. You really are a genius, I feel blessed to be a regular reader of such a blog Thanks so much.. -💋💕💋💕😋
ReplyDelete