Idioresies!

Bordspeletjie vir die Afrikaanse klaskamer!!

Fakebook!

Some ideas of how to use fake Facebook profiles in the classroom.

Gedigte

Afrikaans Huistaal: Graad 4

Samestellings!

'n les oor samestellings vir Graad 4

Dis Sokkertyd!

'n Sokkertema kan baie pret wees...

Wednesday, October 17, 2012

Prepositions - Grade 4

By Jean Vermeulen

This presentation is for First Additional Language learners but could also be used for home language revision!



click here to download the presentation!

I also played a game with the learners where they had to use the prepositions on the slide and a random item picked from a box to make sentences. e.g. the potato is UNDER Mr. Vermeulen's chair.

Enjoy! 

Thursday, September 27, 2012

Hoe om jou eie blog te begin

So jy wil ook blog?

Mense stereotipeer soms dat Suid-Afrika agter is in alles van televisieprogramme tot tegnologie. Maar dit hoef nie so te wees nie! Die res van die wêreld se onnies doen dit, en jy kan ook! Dis eenvoudig. Jy kan jou eie blog vandag nog begin en jou wonderlike idees met almal deel!


`n Blog hoef nie net iets te wees waar jy jou persoonlike gevoelens aan iemand oordra nie. Dit kan op enige manier denkbaar gebruik word as jy kreatief daaroor dink!

1.    So hoe kan jy dit in jou klaskamer gebruik? Of dalk in jou skool?

·         `n klasblog:
ü  kommunikeer nuus, huiswerk en opdragte deur middel van die blog, neem foto’s en vertel vir ouers wat daagliks in jou klas aangaan. Leerders kan ook weekliks `n beurt kry om `n kort verslaggie op die blog te sit. Moedig ouers en leerders dan aan om soveel as moontlik kommentaar te lewer. Onthou net om die kommentaar te modereer...
ü  `n Klasblog kan ook goed wees vir verryking. Leerders wat dalk meer aandag nodig het kan ekstra inligting kry op die blog of daar kan skakels geplaas word na opvoedkundige speletjies / webtuistes waar leerders alles kan oefen van lees, spelling, vasvra speletjies ens. Daar is ook webtuistes waar `n mens self oefeninge kan uitwerk wat hul moet voltooi, google dit net!

·         `n klubblog:
ü  Het julle klubs by die skool soos bv. rekenaarklubs, fotografie, kuns ens? Die blog is `n permanente uitstalling van wat in die klubs aangaan. Wanneer ander leerders en ouers sien wat in hierdie klubs gebeur sal dit hul ook aanmoedig om deel te word van die klub! Die lekker ding van blogs is dat `n mens foto’s kan deel met die wêreld, maak gebruik daarvan, deel jou idees met ander mense en laat almal sien watter fantastiese goed jy saam die leerders doen!

·         `n blog as `n deurlopende taak:
ü  Hierdie is meer vir die groter leerders, veral in tale kan dit lekker werk. Skep `n blog en gee vir die hele klas regte om aan die blog te mag verander. Besluit waaroor die blog kan gaan, dit kan enigiets wees van `n klasdagboek tot `n blog oor die klas se gunsteling dinge. Dit kan verhalend wees waar leerders hul skryfwerk moet publiseer. Dalk kan dit oor `n kwartaal gedoen word waar `n storie begin word deur die onderwyser en elke week moet `n groep verder skryf aan die `blog-boek.’
Hier is `n kort opsomminkie:
§ ‘n blog-boek
§ `n blog-klasdagboek
§ Navorsing oor verskeie temas soos “my gunsteling skrywer”
§ Ondersoek vir bv. omgewingsopvoeding waar die blog berigte kan bevat oor die stand van die leerders se omgewing (besoedeling)
§ Publiseer elke week / maand jou resensie oor `n boek wat jy gelees het
§ Lewer sosiale kommentaar (soos celeb nuus of profiele oor jou gunsteling kunstenaars ens)

·         `n blog as aanvullend tot die skoolkoerant / weekblad / nuusblad:
ü  Daar word baie keer goed uit die nuusblad gelaat omdat daar te veel goed gebeur en sekere goed maar net as belangriker geag word, dit beteken nie dit hoef uitgelaat te word nie! Skep `n blog waar ekstra foto’s nuus en allerhande verskillende gebeure aan ouers gekommunikeer word. Dit kan ook minder ernstig wees en veral die pret en snaakse goedjies wat gebeur daagliks kan daarop geplaas word.

·         `n blog in jou professionele kapasiteit as opvoeder

ü 
Dit is nie net `n tendens in Suid-Afrika om jou hulpbronne met ander onderwysers te deel nie, maar reg oor die wêreld. Skep `n blog en deel jou idees, lesse, hulpbronne soos werkkaarte en PowerPoint skyfies. Ander onderwysers sal jou ewig dankbaar wees!
Daar is regtig tonne idees oor hoe om blogs te gebruik op die web. Jy kan veral Engelse onnies se idees gryp en dit net op toepassing maak vir Afrikaans. Gebruik jou verbeelding, onnies is mos kreatief! ;)


So hoe skep mens `n blog?



By Jean Vermeulen

Saturday, September 15, 2012

stylfigure



Die volgende les is maar net oor stylfigure. Dit verduidelik die verskillende stylfigure soos halfrym en gee dan voorbeelde daarvan deur middel van musiekstukkies. Aan die einde is daar `n speletjie waar die leerders moet sê watter stylfiguur in die frase / sin voorkom.

Laai die powerpoint hier af.

Geniet dit!




____________________________

Gaan kyk natuurlik ook op Onnies Online vir die beste Afrikaanse hulpbronne wat jy kan kry!


Daar is ook baie hulpbronne op Teacha! Hierdie webstuiste het hulpbronne vir alle vakke van graad 1 tot 12 en alles kan afgelaai word teen 'n minimale koste. Jy kan ook jou hulpbronne daarop verkoop! Gaan kyk vandag nog.

Sunday, September 9, 2012

Mother Teresa Quote


Friday, September 7, 2012

my idioomprentjie-projek


VOOR

















NA
















_________________________________

Gaan kyk natuurlik ook op Onnies Online vir die beste Afrikaanse hulpbronne wat jy kan kry!


Daar is ook baie hulpbronne op Teacha! Hierdie webstuiste het hulpbronne vir alle vakke van graad 1 tot 12 en alles kan afgelaai word teen 'n minimale koste. Jy kan ook jou hulpbronne daarop verkoop! Gaan kyk vandag nog.

Thursday, September 6, 2012

Gedigte - Graad 4



In hierdie les moes leerders hul eie gedig skryf. Of dit nou suksesvol was of nie gaan ek nie deel nie! Kyk jy maar of jou Graad 4's kan dig en gee my tips, want ek het duidelik nog nie die kuns bemeester om leerders te leer om te skryf aan gedigte nie! Darem verstaan hul rym ;)

Ek het eerste die gedig "In Vaaldam woon `n draak" vir die leerders gewys en gelees. Hul het die rympatroon geidentifiseer en ook die ritme (dmv lettergrepe). Dit is een van die vereistes van CAPS in Graad 4 dat leerders hul eie gedigte / lied skryf en kan werk met rym en ritme. Sterkte.

Die tweede deel is `n gediggie wat ek begin skryf het vir die leerders / wat saam met die leerders geskryf kan word sodat hul dit verder kan vat. Ek dink hierdie prente sal lekkerder werk as inspirasie, kyk maar...

Laai die powerpoint hier af.

`n Lekker ysbreker aktiwiteit om met die leerders te doen (om die creative juices te laat vloei) is om RYMBAL te speel. Jy gee `n woord vir die leerders, jy gooi die bal vir iemand, hy / sy vang en gee `n woord wat rym met jou woord so gou as moontlik. Hy / sy gooi dan die bal vir enigiemand anders in die klas en daardie persoon moet dan weer rym! Siedaar, lekker rymwoorde vir almal.

Geniet dit! ;)

En lewer asb kommentaar hier onder as jy enige wenke het om met kleintjies gedigte te doen!

_________________________________

Gaan kyk natuurlik ook op Onnies Online vir die beste Afrikaanse hulpbronne wat jy kan kry!


Daar is ook baie hulpbronne op Teacha! Hierdie webstuiste het hulpbronne vir alle vakke van graad 1 tot 12 en alles kan afgelaai word teen 'n minimale koste. Jy kan ook jou hulpbronne daarop verkoop! Gaan kyk vandag nog.

Idiome, Idiome, Idiome....

Daar is seker meer hulpbronne oor idiome op hierdie blog as enigiets anders! Maar gun my maar die geleentheid om verder te blêr oor die wonderlike ding wat `n mens die idioom noem....

Ken julle hierdie boekie? (Hoekom praat grootmense so snaaks? deur Keina Swart & Maja Serada)

Dit is `n fantastiese boekie om leerders (veral die kleintjies) bekend te stel aan idiome.

Die agterkant lees: "Grootmense praat darem vreeslik snaaks! Eers is dit oor blompotte langs jou kop en geld wat nie op rue groei nie, dan weer oor honde en katte wat uit die lug uit reen en kraaie wat tonge steel... verbeel jou!" oulik nê??

Hier is die voorblad:

Koop dit hier op Kalahari.com. Dis definitief `n moet-hê vir elke kind!

O ja! Ek het ook die idome les opgedateer. Dit lyk bietjie anders en ek het meer liedjies ingesit, maar die res is dieselfde. laai die nuwe weergawe hier af: Idioom les!

Aan die einde van les is daar `n speletjie waar jy eenvoudig die idioom lees en hul moet kies of dit A of B is. Hier is die A & B's wat jy kan uitdeel vir elke groepie.

Hier is die videos wat in die les gespeel moet word: pasop net vir die eerste een!


Kyk die ander een hier

en nog iets! kyk, as dit nie was vir Mieliestronk se lys van Afrikaanse Spreekwoorde en Kleuters.co.za se Juffrou Hessie Fourie Idioomlys nie, sou ek ook nie so baie kon doen met die wonderlike goed nie! so gaan kyk gerus daar. Nog `n boek, "Wat praat jy?" deur Johanna de Wet, verskaf ook baie inligting oor idiome en waar hul vandaan kom. Vir die ouer kinders is dit altyd lekker om meer te gesels oor waar die idioom vandaan kom, hetsy dit nou geleen is van Engels en of dit nou kom van Nederlands... die storie agter die storie is altyd interessant.

Ek is ook besig om tans ou idioomprente wat uit een of ander ou boek (ek dink iets soos die afrikaanse prenteboek?) te restoureer. Ek sien al die prente van kleins af in my klasse. Dis 'n "ongoing project" wat `n rukkie sal neem en ek sal dit een vir een oplaai.

Geniet dit!

_________________________________

Gaan kyk natuurlik ook op Onnies Online vir die beste Afrikaanse hulpbronne wat jy kan kry!


Daar is ook baie hulpbronne op Teacha! Hierdie webstuiste het hulpbronne vir alle vakke van graad 1 tot 12 en alles kan afgelaai word teen 'n minimale koste. Jy kan ook jou hulpbronne daarop verkoop! Gaan kyk vandag nog.

Monday, August 20, 2012

Bywoorde en byvoeglike naamwoorde



Hierdie les gaan oor bywoorde en byvoeglike naamwoorde. Dit is maar eintlik net 'n hersieningsles. Dit kan gebruik word van graad 4 - 7. Die bywoorde kan dalk net gespesifiseer word na bywoorde van tyd, plek en wyse.

Hier is die powerpoint. Daar is ook 'n stukkie van Kurt Darren se papsopwinterwaternat om byvoeglike naamwoorde te verduidelik.

Die kaartjies is vir 'n 'ysbreek' aktiwiteit. Die leerders trek kaartjies uit twee verskillende hoede. In een hoed is daar bywoorde en in die ander is daar werkwoorde. Die leerders moet dan hierdie kaartjies gebruik om dit uit te beeld. Hul leer dan so oor bywoorde. Maak seker om te beklemtoon dat die een kaartjie die ander kaartjie moet beskryf.

Dan het ek ook 'n blokkiesraaisel gemaak, kyk gerus daarna! Hul moet maar net die bywoorde en b.nw. invul van die sinne!

Genieeeeeet dit mensies!

_________________________________

Gaan kyk natuurlik ook op Onnies Online vir die beste Afrikaanse hulpbronne wat jy kan kry!


Daar is ook baie hulpbronne op Teacha! Hierdie webstuiste het hulpbronne vir alle vakke van graad 1 tot 12 en alles kan afgelaai word teen 'n minimale koste. Jy kan ook jou hulpbronne daarop verkoop! Gaan kyk vandag nog.

Thursday, August 16, 2012

Weervoorspelling - Natuurwetenskappe Graad 4

In hierdie les het ek 'n inleiding tot die weer gedoen. Wat die impak van die weer op ons daaglikse lewens is ens. Dit loop aaneen met die modules wat beskikbaar is op CNX.org vir Natuurwetenskappe Graad 4. Van die grafika is ook van die webtuiste is (die simbole en hierdie weerkaart uit die Burger).


Weerkaart / weervoorspelling

Die powerpoint bevat inligting en prente wat oor weervoorspelling gaan en gaan hand aan hand saam met die module wat genoem is bo. Kry die powerpoint hier. Aan die einde het ek 'n speletjie voorberei waar ek vir die leerders die weerstoestande gewys het. Hulle moes dan die regte simbool wys wat die verduideliking illustreer. Kry die simbole hier.

Die eerste link gaan na 'n illustasie van die weer hoe dit op die oomblik is ('live') en meeste van die beeldmateriaal (satellietbeelde) is gekry vanaf Kobus Botha Weather.

Geniet dit! 

_________________________________

Gaan kyk natuurlik ook op Onnies Online vir die beste Afrikaanse hulpbronne wat jy kan kry!


Daar is ook baie hulpbronne op Teacha! Hierdie webstuiste het hulpbronne vir alle vakke van graad 1 tot 12 en alles kan afgelaai word teen 'n minimale koste. Jy kan ook jou hulpbronne daarop verkoop! Gaan kyk vandag nog.

Wednesday, August 8, 2012

Suiwelboerdery


Hierdie is 'n slideshow vir Graad 4 Sosiale Wetenskappe. Dit gaan oor Suiwelproduksie. In die slideshow is daar 'n skakel wat gaan na 'n interaktiewe (engelse) aktwiteit oor die storie van melk van koei tot kombuis. Dit is baie oulik en die kinders het dit baie geniet, al is dit in engels. Jy kan maar net dit vertaal ook. Die aktiwteit aan die einde is net eenvoudig die suiwelproduksieketting waar hul moet beskryf wat in elke prentjie gebeur.


Haiku

Some examples of Haiku's and a description of what it is. Also includes a Wordle that contains words that describes the weather. The slideshow is ideal for younger grades. I used it in Grade 4 (additional language). They wrote the cutest haiku's!

Download the slideshow here

Samestellings



Hier is 'n lessie wat ek met Graad 4's gedoen het. Dit verduidelik maar net samestellings met prentjies wat bymekaar gesit word. As 'n klasaktiwiteit (speletjie) na die les kan die leerders in pare prente bymekaar sit om hul eie woorde te vorm. 

Kliek hier vir die powerpoint en hier vir die drukbare kaartjies! 

Geniet dit...


Monday, August 6, 2012

'n wordle vir samestellings!

Wordle: samestellings

kyk of jy al die woorde bymekaar kan sit!

kliek hier http://www.wordle.net/show/wrdl/5544408/samestellings

Tuesday, July 31, 2012

Miem maak 'n jas




Net 'n klein videotjie wat ek vir Graad 4's gemaak het om te wys dat mens verskillende karakters kan wees! Baie vinnig en rof gedoen! :)

Afrikaanse Aflaaibare Materiaal vir Graad 4!

kleuters






Kyk net wat het ek gevind! Dit is fantasties! Rare Afrikaanse werkvelle en inligting vir Graad 4's! Daar is onder meer inligting oor alles van aanhalingstekens tot afkappingstekens en alles van paronieme tot homonieme! Gaan kyk gerus na die lang lys van aflaaibare materiaal! Dit is 'n MOET SIEN!!!

Gaan HIER na www.kleuters.co.za se Graad 4 afdeling.

------------------------------------------------------------------------------------------------------

Gaan kyk natuurlik ook op Onnies Online vir die beste Afrikaanse hulpbronne wat jy kan kry!


Daar is ook baie hulpbronne op Teacha! Hierdie webstuiste het hulpbronne vir alle vakke van graad 1 tot 12 en alles kan afgelaai word teen 'n minimale koste. Jy kan ook jou hulpbronne daarop verkoop! Gaan kyk vandag nog.



Pictures to describe!

Here's some interesting pictures that could be very useful in the language classroom! In English FAL it can be used as a scene that learners need to describe as a class discussion to get those English juices flowing and the pictures are reaaaally busy so they can write a lot about it in a descriptive essay or paragraph....

This is what I did:
               - slideshow
               - cloze exercise








Friday, July 20, 2012

Create cool infographics!


The image above was created on www.easel.ly and is super awesome! It takes a while to get used to the functions etc. but its worth it! Maybe older students can make use if it... but for primary schools it is a no-no! But maybe it can work? You'll never know until you try! Check / Try it out! 


Could be really useful for Geography!

Thursday, May 31, 2012

Learning About Leaders (Grade 4) - Nelson Mandela



Nelson Mandela (Grade 4 Social Sciences)



According to the CAPS document 5 hours should be spent on the life story of Nelson Mandela. The following resource is absolutely amazing!! 


There's information about his life and also some images and a video. But the best of it all is the interactive game! Its in a talk show format and Madiba's accent is quite funny! (They tried... lol!) It asks questions (easy questions) about Madiba. The learners can complete it at home or even at school in the computer lab. Maybe you can use it as a class exercise! 


Here's the link: BBC Primary History - Nelson Mandela

Enjoy!! :-) 

die kind video: 'n kompliment van die sangeres self!

Die volgende boodskap was 'n totale verrassing vir my! En 'n baie groot kompliment!


Onthou die video wat ek gemaak het van 'n getoonsette weergawe van Ingrid Jonker se 'Die Kind?' Wel, die sanger, Joanna Kaze, het dit opgespoor op YouTube en het die volgende daaroor te se gehad:


I think it's an amazing video that you made so I should thank you !I'm so glad you and the kids like it,it's one of those poems that you either are sure you get it right or you don't do it at all because there is so much power and importance to it .And again,the video is great,it really portrays the power of the poem!...Thanks for making this,again! It really was a great surprise finding it

Wel, daar het julle dit! Nou kan julle dit maar gerus in jul lesse ook gebruik! Hier is dit weer:

Idioresies! 'n Idioom Bordspeletjie

'n Bordspeletjie wat leerders se idioomskat verbreed!

Ek het hierdie bordspeletjie gemaak vir 'n Afrikaanse taak, ons moes speletjies uitdink om vir leerders idiome op 'n prettige manier aan te leer. Hierdie is my eindproduk.

Van die idiome is nogal moeilik. Ek weet nie of dit geskik is vir die Grondslagfase nie, maar ek dink tog dit kan aangepas word as jy dalk jou eie makliker idiome wil gebruik.

Die speletjie werk so:

Die leerders speel in spanne van twee (tot 4 spanne). Hul gooi 'n dobbelsteentjie wat 4 verskillende kleure op het (die ander twee kante kan wees "kies 'n kleur" of "mis 'n beurt" wat dit bietjie meer interessant maak!). Daar is dan 15 kaartjies wat verskillende kleure is in 4 gekleurde koeverte. Een lid van die span haal dit uit en wys die prentjie / dramatiseer / teken / speel die liedjie en die ander lid raai die idioom en gee die betekenis. Hul skuif dan aan soos in die instruksies aangedui word.

Hoe om dit te maak:

Druk die bord uit vir die bordspeletjie op 'n A3 papier, of twee A4 papiere en plak dit op 'n lekker stewige bord.

Knip uit die kaartjies wat verskaf word. Die prentjies (spotprente) moet agterop die prentjie-kaartjies geplak word sodat die spanlid steeds die antwoord kan sien. Ek het myne gelamineer sodat ek dit nog lank kan gebruik.

Maak 'n dobbelsteentjie wat ooreenstem met die vier kleure wat jy gebruik.

Koop sommer 4 karretjies by Shoprite. Dis net R2 een. Dobbelsteentjies is sommer baie goedkoop as jy dit by die R5-winkel koop.

Laai die 15 liedjies af (sommer die hele 'folder' van 4shared.com. Dit is net klein deeltjies uit die liedjies, minder as 'n minuut elk, so ek dink darem nie dit is te onwettig om dit af te laai nie!)

Hier is die verskillende dele van die speletjie:

Die bordspeletjie in PDF formaat: Kliek hier!!

Die kaartjies in PDF formaat: Kliek hier!!

Die instruksies in PDF formaat: Kliek hier!!

Die CD kassie se binnekant ook in PDF formaat: Kliek hier!!

Die link na 4shared om die 'folder' met die 15 liedjies af te laai (dis altesaam so 5mb, nie te erg nie!): http://www.4shared.com/folder/evMcNcSL/Idioom_liedjies.html (jy sal moet registreer, maar hul spam mens darem nie, so dis ok!)

06/06/2012: As die link bo nie werk nie, probeer gerus die volgende een: https://docs.google.com/folder/d/0B2Lo9xCIhk9qNFhfSkZLa21EcHM/edit

Laat weet asb as dit nie werk nie!

Die kaartjies kan ook afsonderlik gebruik word. Dink hoe jy die kaartjies kan gebruik in 'n les. Dalk kan die kaartjies dien as 'n "idioom 'n dag" kaartjie en die leerders roteer die kaartjies en moet dalk 'n paar sinne skryf agter in hul boek waarin hul die idioom gebruik. Of dit kan net lekker wees om dit uit te deel en dan moet elkeen probeer om sy idioom op een of ander kreatiewe manier te verduidelik. Die liedjies kan ook afsonderlik gespeel word in 'n les waar die klas saam die idioom moet identifiseer! Klink na pret! Kan nie wag om dit in die klas te toets nie... :-) 

Laat weet my asb hoe die leerders dit vind in die klas, dan kan ek dalk aanpassings maak... :) 

_________________________________

Gaan kyk natuurlik ook op Onnies Online vir die beste Afrikaanse hulpbronne wat jy kan kry!


Daar is ook baie hulpbronne op Teacha! Hierdie webstuiste het hulpbronne vir alle vakke van graad 1 tot 12 en alles kan afgelaai word teen 'n minimale koste. Jy kan ook jou hulpbronne daarop verkoop! Gaan kyk vandag nog.


Thursday, May 24, 2012

dit vorder goed...


Jy kan ook self so oulike dingetjie maak soos hier bo! Gaan na www.fodey.com! Jy kan verskillende goed maak, soos 'n tamatie met 'n spraakborrel of 'n koerantvoorblad wat nogal goed kan werk vir die Sosiale Wetenskappe klaskamer.

Geniet dit! ;)

Sunday, May 20, 2012

Pasella Luistertoets!



Afrikaanse luistertoetse kan somtyds tog so vervelig wees vir leerders! Ek is seker leerders sal liewer na 'n video wil kyk en daarvolgens vrae beantwoord as om te luister na wat met arme Tant San se groottoon gebeur het volgens die Huisgenoot (nie dat ek enigiets teen die Huisgenoot het nie! ;-) )

Hierdie Pasella insetsel gaan oor Tesselaarsdal. Dit leer sommer vir leerders van 'n nuwe plekkie ook. Ek het nie die hele insetsel gebruik nie, omdat dit te lank raak.

Hier is eenvoudige inhoudsvrae oor die insetsel!

Geniet die luistertoets!

O ja! En ek het hierdie ekstra brokkie inligting op Pasella se webtuiste gekry oor die insetsel. Dit kan dalk gebruik word as 'n begripstoets? Gaan kyk gerus hier!

Sunday, May 6, 2012

Kaartwerk / Map Work



This PowerPoint presentation is adapted from the WCED Curriculum Development resource cd for Social Sciences teachers. 


Ek het dit gebruik vir Graad 8's maar ek is seker dit kan aangepas word vir hoer grade so wel as laer grade! 


It explains the legend of a map as well as what a map is and also the different colours on a map (man made structures, topography, etc..) 


Click here to download the presentation!



File:SouthAfricaOMC.png

Friday, April 27, 2012

Idiome!

Hierdie les oor idiome kan sommer vir enige graad gebruik word. Dit is lekker pret met liedjies en videos (volg net die skakels!) en daar is ook 'n aktiwiteit wat leerders na die tyd kan invul. 

Hier is die PowerPoint skyfies en hier is die aktiwiteit!

Die eerste deel van die powerpoint vertel vir die leerders wat 'n idioom is en waar ons dit gebruik. Die tweede deel leer vir die leerders nuwe idiome deur gebruik te maak van spotprente van Kaaskrul.com.

Geniet dit!

_________________________________

Gaan kyk natuurlik ook op Onnies Online vir die beste Afrikaanse hulpbronne wat jy kan kry!


Daar is ook baie hulpbronne op Teacha! Hierdie webstuiste het hulpbronne vir alle vakke van graad 1 tot 12 en alles kan afgelaai word teen 'n minimale koste. Jy kan ook jou hulpbronne daarop verkoop! Gaan kyk vandag nog.

The South African War

Unfortunately the South African War (Anglo-Boer War) does not feature in the Intermediate & Senior Phase CAPS documents. It  is however now part of the Grade 10 History curriculum.



These presentations are aimed at a younger group. I am not sure how in depth it is taught in Grade 10, but I hope this can help!


Presentation 1: An introduction to the SA War
Presentation 2: Phases of the South African War
Presentation 3: Phases of the South African War (continued)
Presentation 4: The Scorched Earth Policy (Concentration Camps etc.)
Presentation 5: Black Involvement in the South African War and Conclusion.


Some notes on the South African War:


Notes 1: SA War Revision (Word Document)
Notes 2: Phases of the South African War (Revision) (Word Document)


The information is from a textbook "Social Sciences Today Grade 8" and various sources from the internet (I did not reference, as I only used it in class). I also do not own any of the images etc..  

Monday, April 23, 2012

Fakebook! A fantastic and fun way of doing projects!

Take a look at the following links I found on using Facebook as a tool in the classroom.



Some ideas for using Fakebook in the South African Classroom:

Social Sciences: 
  • Historic profiles of different important figures in South African History (e.g. a profile of Nelson Mandela that highlights important dates in his lifetime).
  • Geography: Create a 'page' that contains information about a certain province, city, country etc..
  • Also geography: Create an 'about me' page that contains information about a certain industry such as fishing or agriculture. Also use the photo page to insert photos that illustrates the topic. The captions of the photos could be part of the project...
Languages:
  • Maak 'n profiel van verskillende digters en byvoorbeeld wanneer hul digbundels verskyn het.
  • Karakters van romans / verhale kan ook deur middel van die profiel dien as 'n karakterskets en ook belangrike momente in die verhale uitlig.
Geniet dit!!


Wednesday, March 14, 2012

Vaselinetjie: Salf vir die siel

Toe ek gelees het dat Anoeschka von Meck se bekroonde Vaselinetjie as toneelstuk by Spier Amfiteater op die planke gebring word, het ek gespring vir kaartjies. Ek was egter weifelend omdat dit in die buitelug uitgevoer sou word en was as gevolg daarvan ongerus dat die intimiteit van die teater verlore sou raak en so dan ook die treffende boodskap van die roman. Vanaf die eerste minuut is ek egter verkeerd bewys. Ek is op ‘n warrelwind reis geneem saam met Vaselinetjie deur haar kinderdae en twee ure vlieg verby soos ‘n paar minute.

Vaselinetjie as toneelstuk en Vaselinetjie as roman verskil nie hemelsbreed nie. Deur die teksverwerking van Hugo Taljaard en regie deur Henry Mylne (7de Laan), is sekere tonele egter kort geknip om heel waarskynlik die tydsduur te verkort van die toneelstuk. Dit neem in sekere opsigte weg van die intrige aangesien sommige tonele, soos die verhouding van Vaselinetjie (Andrea Streso) en Texan (Werner Coetser), as minder intens voorkom as in die roman. Dit is soms die probleem met toneelstukke wat verwerk word vanuit romans; die leser vorm ‘n meer persoonlike verhouding met die teks en beskou dan nie altyd die verhoogproduksie as voldoende nie. Hierdie kan toegeskryf word aan die leser se individuele manifestasie van die roman. Die bogenoemde is ook duidelik in Vaselinetjie; sommige tonele word as humoristies ervaar, waar dieselfde toneel in die roman op ‘n individuele vlak as meer ernstig ervaar sou word. Alhoewel dit, na my mening, nie as opsetlik humoristies uitgebeeld word nie, lag mens soms vir die ongemaklike en soms skokkende situasies soos die gebruik van kru taal en uitbeelding van sosiale kwessies soos prostitusie en geweld. Die gehoor beskou dit dalk aanvanklik as humoristies, maar word uit die teater vergesel met ‘n skuldgevoel wat hul herinner aan die erns van die kwessies wat aangespreek word, wat nie afgelag behoort te word nie.

Daar is geen verrassing in die feit dat Theodore Jantjies die Fiesta toekenning vir beste byspeler gewen het vir sy rol as Juice en Oupa Simon in die produksie nie. Sy veelsydige rolspel neem hom van ‘n kruppel ou man (Oupa Simon) tot ‘n gemene bendeleier (Juice) en beide rolle word oortuigend vertolk. Die sepiester-belaaide rolverdeling (Kim Cloete, Ingrid Paulus, Deon van Zyl) sorg vir kwaliteit rolspel wat dit duidelik maak dat hul eerder op die verhoog hoort as op die kassie. Karin Retief (Ballade vir ‘n Enkeling, Hoofmeisie) se vertolking van die rolle van Killer en Maud word ook outentiek voorgestel en sorg vir ‘n paar knop-in-die-keel oomblikke. Vaselinetjie se rol is ook oortuigend gespeel. Die enigste tekortkoming is dat haar Kaaps-Afrikaanse aksent nie sterk en oortuigend genoeg is nie, wat verwarrend kan wees.

Die eenvoudige dog funksionele stel en dekor sorg vir vinnige toneelwisseling. ‘n Paar stoele en tafels word in een toneel vinnig verander vanaf ‘n deur na ‘n bus en die verandering word effektief geïntegreer met die rolspel. Die kreatiewe gebruik van agtergrondgrafika as skepping van milieu sal ook aanklank vind by die oorheersende tienergehoor, en vergemaklik ook die vinnige verskuiwings van konteks.

Musiek en dans word op ‘n onvoorspelbare manier in die toneel ingebring wat aanvanklik die gehoor heeltemal omvergooi maar later deel word van die toneel op ‘n meer geïntegreerde manier. Die musiek en dans is ‘n goeie voorstelling van die idee dat kinderhuiskinders nie net altyd slegte tye het nie, maar dat hul steeds kinders is, en ook nou en dan op hul eie manier pret het. Die keuse van musiek is nie altyd gepas nie en kom soms as oudtyds en herhalend voor met ‘n tipe van vyftigerjare big band gevoel wat nie pas by die ouderdom van die karakters nie. Wanneer Karen Zoid se Deurmekaar egter speel in ‘n emosiebelaaide toneel, sorg dit vir ‘n hartroerende hoendervleis oomblik wat sonder die musiek nie dieselfde trefkrag sal hê nie.

Deur die outentieke voorstelling van kinderhuislewe word die kwessies wat daarmee gepaard gaan as boodskap effektief oorgedra. Die kyker word betrek in ‘n ander wêreld wat meestal onbekend is. Die Spier Amfiteater is heerlik om te besoek op ‘n warm somersaand en die toneelstuk verloor nie sy trefkrag omdat dit nie in ‘n tradisionele teater is nie. As gevolg van die ernstige kwessies wat aangespreek word en egte kru taal wat gebruik word, sal ek nie Vaselinetjie aanbeveel vir jonger laerskoolkinders nie. Hoërskoolkinders, kinders wat die boek gelees het en enigiemand anders behoort die toneelstuk te gaan kyk om kennis te maak met die harde lewe wat woed buite hul gemaksones.


**Gebaseer op Vaselinetjie tydens die Woordfees, Spier Amfiteater Stellenbosch, 10 Maart 2012

Nog nie Vaselinetjie gelees nie? Koop dit gerus hier.

Wednesday, March 7, 2012

If they ever ask what you make...

A video by Taylor Mali

Friday, March 2, 2012

Dis sokkertyd!

Kyk net na hierdie prent, dit het so baie informasie op wat gebruik kan word in die Afrikaanse klaskamer! Daar is veral verskillende idiome wat daarin uitgebeeld word. 


Hierdie presentation is 'n interaktiewe aktiwiteit waar die verskillende idiome gesoek moet word en dan op gekliek moet word. Daarna word die betekenis van die idioom gevra. Kyk gerus daarna! Onthou ook om te kyk na Kaaskrul se spotprente om na skerp uitbeeldings van idiome te kyk.


Die Bang Sokkerballetjie is 'n oulike storietjie vol verskillende stylfigure en humor. Gebruik dit gerus as 'n begripstoets of om die verskillende stylfigure daarin te identifiseer. 




Monday, February 13, 2012

Nog Spotprente!


Hierdie skreeusnaakse spotprente is weereens puik vir die Afrikaanse klaskamer. Daar is verskeie maniere hoe hierdie spotprente gebruik kan word, soos bv. om idiome aan leerders bekend te stel. Vee ook die spraakborrels uit en laat die leerders hul eie weergawe invul.

Dit is ook net lekker prettig en die leerders lag altyd lekker daarvoor (wanneer hul dit vang :-) ).

Meer is beskikbaar by op hierdie skakel. Dit is 'n album op Facebook. Daar is ook nou 'n boek bekend gestel deur Kobus Galloway, "Idees Vol Vrees", en dit is nou by alle boekwinkels beskikbaar. Definitief 'n moet-hê! Koop dit hier op Kalahari.net.




_________________________________

Gaan kyk natuurlik ook op Onnies Online vir die beste Afrikaanse hulpbronne wat jy kan kry!


Daar is ook baie hulpbronne op Teacha! Hierdie webstuiste het hulpbronne vir alle vakke van graad 1 tot 12 en alles kan afgelaai word teen 'n minimale koste. Jy kan ook jou hulpbronne daarop verkoop! Gaan kyk vandag nog.