Idioresies!

Bordspeletjie vir die Afrikaanse klaskamer!!

Fakebook!

Some ideas of how to use fake Facebook profiles in the classroom.

Gedigte

Afrikaans Huistaal: Graad 4

Samestellings!

'n les oor samestellings vir Graad 4

Dis Sokkertyd!

'n Sokkertema kan baie pret wees...

Thursday, May 31, 2012

Learning About Leaders (Grade 4) - Nelson Mandela



Nelson Mandela (Grade 4 Social Sciences)



According to the CAPS document 5 hours should be spent on the life story of Nelson Mandela. The following resource is absolutely amazing!! 


There's information about his life and also some images and a video. But the best of it all is the interactive game! Its in a talk show format and Madiba's accent is quite funny! (They tried... lol!) It asks questions (easy questions) about Madiba. The learners can complete it at home or even at school in the computer lab. Maybe you can use it as a class exercise! 


Here's the link: BBC Primary History - Nelson Mandela

Enjoy!! :-) 

die kind video: 'n kompliment van die sangeres self!

Die volgende boodskap was 'n totale verrassing vir my! En 'n baie groot kompliment!


Onthou die video wat ek gemaak het van 'n getoonsette weergawe van Ingrid Jonker se 'Die Kind?' Wel, die sanger, Joanna Kaze, het dit opgespoor op YouTube en het die volgende daaroor te se gehad:


I think it's an amazing video that you made so I should thank you !I'm so glad you and the kids like it,it's one of those poems that you either are sure you get it right or you don't do it at all because there is so much power and importance to it .And again,the video is great,it really portrays the power of the poem!...Thanks for making this,again! It really was a great surprise finding it

Wel, daar het julle dit! Nou kan julle dit maar gerus in jul lesse ook gebruik! Hier is dit weer:

Idioresies! 'n Idioom Bordspeletjie

'n Bordspeletjie wat leerders se idioomskat verbreed!

Ek het hierdie bordspeletjie gemaak vir 'n Afrikaanse taak, ons moes speletjies uitdink om vir leerders idiome op 'n prettige manier aan te leer. Hierdie is my eindproduk.

Van die idiome is nogal moeilik. Ek weet nie of dit geskik is vir die Grondslagfase nie, maar ek dink tog dit kan aangepas word as jy dalk jou eie makliker idiome wil gebruik.

Die speletjie werk so:

Die leerders speel in spanne van twee (tot 4 spanne). Hul gooi 'n dobbelsteentjie wat 4 verskillende kleure op het (die ander twee kante kan wees "kies 'n kleur" of "mis 'n beurt" wat dit bietjie meer interessant maak!). Daar is dan 15 kaartjies wat verskillende kleure is in 4 gekleurde koeverte. Een lid van die span haal dit uit en wys die prentjie / dramatiseer / teken / speel die liedjie en die ander lid raai die idioom en gee die betekenis. Hul skuif dan aan soos in die instruksies aangedui word.

Hoe om dit te maak:

Druk die bord uit vir die bordspeletjie op 'n A3 papier, of twee A4 papiere en plak dit op 'n lekker stewige bord.

Knip uit die kaartjies wat verskaf word. Die prentjies (spotprente) moet agterop die prentjie-kaartjies geplak word sodat die spanlid steeds die antwoord kan sien. Ek het myne gelamineer sodat ek dit nog lank kan gebruik.

Maak 'n dobbelsteentjie wat ooreenstem met die vier kleure wat jy gebruik.

Koop sommer 4 karretjies by Shoprite. Dis net R2 een. Dobbelsteentjies is sommer baie goedkoop as jy dit by die R5-winkel koop.

Laai die 15 liedjies af (sommer die hele 'folder' van 4shared.com. Dit is net klein deeltjies uit die liedjies, minder as 'n minuut elk, so ek dink darem nie dit is te onwettig om dit af te laai nie!)

Hier is die verskillende dele van die speletjie:

Die bordspeletjie in PDF formaat: Kliek hier!!

Die kaartjies in PDF formaat: Kliek hier!!

Die instruksies in PDF formaat: Kliek hier!!

Die CD kassie se binnekant ook in PDF formaat: Kliek hier!!

Die link na 4shared om die 'folder' met die 15 liedjies af te laai (dis altesaam so 5mb, nie te erg nie!): http://www.4shared.com/folder/evMcNcSL/Idioom_liedjies.html (jy sal moet registreer, maar hul spam mens darem nie, so dis ok!)

06/06/2012: As die link bo nie werk nie, probeer gerus die volgende een: https://docs.google.com/folder/d/0B2Lo9xCIhk9qNFhfSkZLa21EcHM/edit

Laat weet asb as dit nie werk nie!

Die kaartjies kan ook afsonderlik gebruik word. Dink hoe jy die kaartjies kan gebruik in 'n les. Dalk kan die kaartjies dien as 'n "idioom 'n dag" kaartjie en die leerders roteer die kaartjies en moet dalk 'n paar sinne skryf agter in hul boek waarin hul die idioom gebruik. Of dit kan net lekker wees om dit uit te deel en dan moet elkeen probeer om sy idioom op een of ander kreatiewe manier te verduidelik. Die liedjies kan ook afsonderlik gespeel word in 'n les waar die klas saam die idioom moet identifiseer! Klink na pret! Kan nie wag om dit in die klas te toets nie... :-) 

Laat weet my asb hoe die leerders dit vind in die klas, dan kan ek dalk aanpassings maak... :) 

_________________________________

Gaan kyk natuurlik ook op Onnies Online vir die beste Afrikaanse hulpbronne wat jy kan kry!


Daar is ook baie hulpbronne op Teacha! Hierdie webstuiste het hulpbronne vir alle vakke van graad 1 tot 12 en alles kan afgelaai word teen 'n minimale koste. Jy kan ook jou hulpbronne daarop verkoop! Gaan kyk vandag nog.


Thursday, May 24, 2012

dit vorder goed...


Jy kan ook self so oulike dingetjie maak soos hier bo! Gaan na www.fodey.com! Jy kan verskillende goed maak, soos 'n tamatie met 'n spraakborrel of 'n koerantvoorblad wat nogal goed kan werk vir die Sosiale Wetenskappe klaskamer.

Geniet dit! ;)

Sunday, May 20, 2012

Pasella Luistertoets!



Afrikaanse luistertoetse kan somtyds tog so vervelig wees vir leerders! Ek is seker leerders sal liewer na 'n video wil kyk en daarvolgens vrae beantwoord as om te luister na wat met arme Tant San se groottoon gebeur het volgens die Huisgenoot (nie dat ek enigiets teen die Huisgenoot het nie! ;-) )

Hierdie Pasella insetsel gaan oor Tesselaarsdal. Dit leer sommer vir leerders van 'n nuwe plekkie ook. Ek het nie die hele insetsel gebruik nie, omdat dit te lank raak.

Hier is eenvoudige inhoudsvrae oor die insetsel!

Geniet die luistertoets!

O ja! En ek het hierdie ekstra brokkie inligting op Pasella se webtuiste gekry oor die insetsel. Dit kan dalk gebruik word as 'n begripstoets? Gaan kyk gerus hier!

Sunday, May 6, 2012

Kaartwerk / Map Work



This PowerPoint presentation is adapted from the WCED Curriculum Development resource cd for Social Sciences teachers. 


Ek het dit gebruik vir Graad 8's maar ek is seker dit kan aangepas word vir hoer grade so wel as laer grade! 


It explains the legend of a map as well as what a map is and also the different colours on a map (man made structures, topography, etc..) 


Click here to download the presentation!



File:SouthAfricaOMC.png