Thursday, November 26, 2015

Die beste DEPICTA produkte teen 15% afslag!

Onnies Online het al voorheen oor Depicta geskryf (gaan kyk bietjie hoe my klaskamer van al die mooi Depicta plakkate lyk). Nou het Depicta ‘n spesiale aanbieding spesiaal vir Onnies Online lesers en ondersteuners!
Een ding is vir seker, Depicta is altyd uitstekend met kliëntediens en hul produkte is van ‘n uitstekende gehalte. Depicta maak plakkate wat in die volgende kategorieë val.
Afrikaanse Klanke en Spelling, Afrikaanse Taal en Letterkunde, Besigheidstudies, Biologie, Die Liggaam, Drama en Dans, EBW, Geografie, Geskiedenis, Handskrif, Kuns, LO, Lewensvaardighede, Musiek, Natuurwetenskappe, Rekenaars, Suid-Afrika, Tegnologie, Veiligheid, Verjaarsdae en Pligte, Waardes, Wiskunde, Wetenskap en Boelies.
Dis kleurvol, informatief en korrek. Die pryse is ook baie billik. Sommige produkte is beskikbaar teen slegs R12!
Kyk net hoe oulik is van hulle plakkate!
Maar onthou, Depicta het ook verskeie produkte wat beide onnies en ouers kan help. Hulle werkboeke en flitskaarte kan sommer deur ouers by die huis gebruik word. Die kleurvolle borde en grootboeke is gepas vir enige grondslagfase-klaskamer of selfs vir hoër Addisionele Taal-klasse. Die Hennie Hasie-reeks is van onskatbare waarde om vir leerlinge ‘n verskeidenheid vaardighede op ‘n genotvolle, interessante en opvoedkundige wyse aan te leer. Hierdie boek (en die ander Hennie Hasie-boeke) kan vir Gr R tot Gr 3 gebruik word. Die onderwerpe/temas mag van toepassing wees op spesifieke grade, maar kan as aanvullende inligting vir ander grade gebruik word.
Oulike grootboeke deur Depicta
Hennie Hasie Grootboek
Werkboekies

Noudat Afrikatale in die Grondslagfase ingebring gaan word, is die Zulu plakkate ook van groot hulp vir die onnies wat Zulu as derde taal gaan moet aanbied.
Zulu posters for classroom
Onthou om elke nou en dan jou plakkate te verander om aan te pas by temas wat jy in jou klas behandel. Plakkate teen jou mure behoort nie net vir verfraaiing te wees nie, maar moet opvoedkundig wees. Verander elke nou en dan die plek van sekere plakkate om belangrikheid daarvan te beklemtoon. Beweeg sommer wanneer jy klasgee na belangrike plakkate en wys vir leerders dat daardie spesifieke plakkaat inligting bevat wat hulle dalk later sal nodig hê. Onthou dat die beste plakkate ook soms deur jou leerders gemaak word. Wanneer daardie een plakkaat wat jy soek nêrens beskikbaar is nie, laat jou leerders plakkate maak en hou die beste een dalk vir volgende jaar.
Indien jy daarin belangstel om Depicta produkte te koop, gaan gerus na hul aanlynwinkel om na hulle katalogus te kyk. Jy kan al jou gunsteling plakkate aanlyn bestel. Onnies kry 15% afslag tot die einde van November deur die “Coupon Code” OnniesOnline by die “Checkout” bladsy in te tik. Gaan kyk gerus en koop nou vir volgende jaar!
onniesonline depicta afslag
Vrywaring: Hierdie artikel is deur Depicta geborg.

0 comments:

Post a Comment