Sunday, May 3, 2015

Oulike plakkate vir die klaskamer!

Ek het aan die begin van die kwartaal weer begin skoolhou nadat ek verledejaar na groener weivelde gesoek het. Toe ek hoor ek het ‘n week om weer terug te keer en dat ek net een  vak sou aanbied het ek skoon begin stres oor wat ek met al die leë mure in my klas gaan maak!
Gelukkig het ek nog ‘n paar plakkate gehad wat ek gemaak het in die Desembervakansie voor ek begin skoolgee het. Ek het ook heelwat Depicta plakkate wat ons skool se Afrikaansdepartement aangekoop het en wat ek onlangs van hulle ontvang het. Ek is sommer baie trots op hoe my klaskamer nou lyk en die kinders is ook mal daaroor! Hierdie is definitief die beste plakkate vir die klaskamer.


Depicta het by verre die beste verskeidenheid plakkate in Suid-Afrika. Die inligting wat op die plakkate is, is akkuraat en word effektief visueel voorgestel. Vir my klaskamer het die Afrikaanse Taal en Letterkunde plakkate die beste gewerk en omdat ek ‘n Addisionele Taalonnie is weet ek die leerders moet heeltyd herinner word aan hul taalreëls. Daarom het ek sommer ‘n hele naslaan-bord gemaak waar die leerders kan staan en lees. In ons Afrikaanse kantoor gebruik ons ook die Klanke en Spelling plakkate om die immigrant leerders met beginner Afrikaans te help.
Vir die grondslagfase onnies is daar vreeslik oulike grootboekeflitskaarte en werkboekies wat in stelle van 10 verkoop word. Hulle verkoop ook speletjies wat kinders vir ure lank sal besig hou. Hennie Hasie is tog te oulik.
Laerskool- en Hoërskoolonnies sal ook mal wees oor die plakkate vir verskeie vakke soos Wiskunde, Wetenskap, Besigheidstudies, Geskiedenis en meer. Ek hou veral van hulle plakkate wat oor Suid-Afrika gaan en vertel oor dinge soos ons openbare vakansiedae, landsvlag en volkslied. Kyk onder na van my gunsteling plakkate en produkte.
Ek gebruik ook nou al lank hul plakkers. Dis spotgoedkoop (R12!) en die kinders (al is sommige van hulle al in graad 9) hou nog van die ou-skool manier om beloon te word!
Wees ook op die uitkyk vir spesiale aanbiedinge. Depicta het gewoonlik uitverkopings op hulle plakkate en produkte. Daar is gewoonlik winskopies op plakkate wat vanaf R12 verkoop word!
Die ander lekker ding van Depicta is dat ‘n mens aanlyn kan bestel. Jy verdien ook lojaliteitspunte wanneer jy by hulle koop, so maak sommer seker dat die hele skool deur jou koop dan kry jy lekker baie punte wat jy weer in die Depicta-winkel kan bestee!
Onnies is altyd op soek na dinge om hul klassies oulik te laat lyk. Hier is sommer nou vir julle ‘n vinnig en maklike oplossing.
Hierdie artikel is oorspronklik op Onnies Online. 

0 comments:

Post a Comment