Idioresies!

Bordspeletjie vir die Afrikaanse klaskamer!!

Fakebook!

Some ideas of how to use fake Facebook profiles in the classroom.

Gedigte

Afrikaans Huistaal: Graad 4

Samestellings!

'n les oor samestellings vir Graad 4

Dis Sokkertyd!

'n Sokkertema kan baie pret wees...

Monday, February 13, 2012

Nog Spotprente!


Hierdie skreeusnaakse spotprente is weereens puik vir die Afrikaanse klaskamer. Daar is verskeie maniere hoe hierdie spotprente gebruik kan word, soos bv. om idiome aan leerders bekend te stel. Vee ook die spraakborrels uit en laat die leerders hul eie weergawe invul.

Dit is ook net lekker prettig en die leerders lag altyd lekker daarvoor (wanneer hul dit vang :-) ).

Meer is beskikbaar by op hierdie skakel. Dit is 'n album op Facebook. Daar is ook nou 'n boek bekend gestel deur Kobus Galloway, "Idees Vol Vrees", en dit is nou by alle boekwinkels beskikbaar. Definitief 'n moet-hê! Koop dit hier op Kalahari.net.




_________________________________

Gaan kyk natuurlik ook op Onnies Online vir die beste Afrikaanse hulpbronne wat jy kan kry!


Daar is ook baie hulpbronne op Teacha! Hierdie webstuiste het hulpbronne vir alle vakke van graad 1 tot 12 en alles kan afgelaai word teen 'n minimale koste. Jy kan ook jou hulpbronne daarop verkoop! Gaan kyk vandag nog.

Wednesday, February 8, 2012

Die verkiesingsproses

Die verkiesingsproses
(Hoe om aan 'n demokrasie deel te neem)



Hierdie tema is vir Sosiale Wetenskappe se Geskiedenis afdeling.


Dit word in die Intermediêre Fase behandel in Graad 5.

Hier is ook 'n werkkaart wat leerders se kennis kan toets aan die einde van die les en ook 'n lesplan om vanaf te werk.

Nota: Vir een of ander rede lyk die skyfies 'n bietjie anders hier, wanneer jy dit aflaai sal dit nie so swart in die agtergrond wees nie! :-)