Thursday, September 27, 2012

Hoe om jou eie blog te begin

So jy wil ook blog?

Mense stereotipeer soms dat Suid-Afrika agter is in alles van televisieprogramme tot tegnologie. Maar dit hoef nie so te wees nie! Die res van die wêreld se onnies doen dit, en jy kan ook! Dis eenvoudig. Jy kan jou eie blog vandag nog begin en jou wonderlike idees met almal deel!


`n Blog hoef nie net iets te wees waar jy jou persoonlike gevoelens aan iemand oordra nie. Dit kan op enige manier denkbaar gebruik word as jy kreatief daaroor dink!

1.    So hoe kan jy dit in jou klaskamer gebruik? Of dalk in jou skool?

·         `n klasblog:
ü  kommunikeer nuus, huiswerk en opdragte deur middel van die blog, neem foto’s en vertel vir ouers wat daagliks in jou klas aangaan. Leerders kan ook weekliks `n beurt kry om `n kort verslaggie op die blog te sit. Moedig ouers en leerders dan aan om soveel as moontlik kommentaar te lewer. Onthou net om die kommentaar te modereer...
ü  `n Klasblog kan ook goed wees vir verryking. Leerders wat dalk meer aandag nodig het kan ekstra inligting kry op die blog of daar kan skakels geplaas word na opvoedkundige speletjies / webtuistes waar leerders alles kan oefen van lees, spelling, vasvra speletjies ens. Daar is ook webtuistes waar `n mens self oefeninge kan uitwerk wat hul moet voltooi, google dit net!

·         `n klubblog:
ü  Het julle klubs by die skool soos bv. rekenaarklubs, fotografie, kuns ens? Die blog is `n permanente uitstalling van wat in die klubs aangaan. Wanneer ander leerders en ouers sien wat in hierdie klubs gebeur sal dit hul ook aanmoedig om deel te word van die klub! Die lekker ding van blogs is dat `n mens foto’s kan deel met die wêreld, maak gebruik daarvan, deel jou idees met ander mense en laat almal sien watter fantastiese goed jy saam die leerders doen!

·         `n blog as `n deurlopende taak:
ü  Hierdie is meer vir die groter leerders, veral in tale kan dit lekker werk. Skep `n blog en gee vir die hele klas regte om aan die blog te mag verander. Besluit waaroor die blog kan gaan, dit kan enigiets wees van `n klasdagboek tot `n blog oor die klas se gunsteling dinge. Dit kan verhalend wees waar leerders hul skryfwerk moet publiseer. Dalk kan dit oor `n kwartaal gedoen word waar `n storie begin word deur die onderwyser en elke week moet `n groep verder skryf aan die `blog-boek.’
Hier is `n kort opsomminkie:
§ ‘n blog-boek
§ `n blog-klasdagboek
§ Navorsing oor verskeie temas soos “my gunsteling skrywer”
§ Ondersoek vir bv. omgewingsopvoeding waar die blog berigte kan bevat oor die stand van die leerders se omgewing (besoedeling)
§ Publiseer elke week / maand jou resensie oor `n boek wat jy gelees het
§ Lewer sosiale kommentaar (soos celeb nuus of profiele oor jou gunsteling kunstenaars ens)

·         `n blog as aanvullend tot die skoolkoerant / weekblad / nuusblad:
ü  Daar word baie keer goed uit die nuusblad gelaat omdat daar te veel goed gebeur en sekere goed maar net as belangriker geag word, dit beteken nie dit hoef uitgelaat te word nie! Skep `n blog waar ekstra foto’s nuus en allerhande verskillende gebeure aan ouers gekommunikeer word. Dit kan ook minder ernstig wees en veral die pret en snaakse goedjies wat gebeur daagliks kan daarop geplaas word.

·         `n blog in jou professionele kapasiteit as opvoeder

ü 
Dit is nie net `n tendens in Suid-Afrika om jou hulpbronne met ander onderwysers te deel nie, maar reg oor die wêreld. Skep `n blog en deel jou idees, lesse, hulpbronne soos werkkaarte en PowerPoint skyfies. Ander onderwysers sal jou ewig dankbaar wees!
Daar is regtig tonne idees oor hoe om blogs te gebruik op die web. Jy kan veral Engelse onnies se idees gryp en dit net op toepassing maak vir Afrikaans. Gebruik jou verbeelding, onnies is mos kreatief! ;)


So hoe skep mens `n blog?



By Jean Vermeulen

1 comments:

  1. Hi. Sir.. You really are a genius, I feel blessed to be a regular reader of such a blog Thanks so much.. -💋💕💋💕😋

    ReplyDelete