Thursday, September 6, 2012

Gedigte - Graad 4



In hierdie les moes leerders hul eie gedig skryf. Of dit nou suksesvol was of nie gaan ek nie deel nie! Kyk jy maar of jou Graad 4's kan dig en gee my tips, want ek het duidelik nog nie die kuns bemeester om leerders te leer om te skryf aan gedigte nie! Darem verstaan hul rym ;)

Ek het eerste die gedig "In Vaaldam woon `n draak" vir die leerders gewys en gelees. Hul het die rympatroon geidentifiseer en ook die ritme (dmv lettergrepe). Dit is een van die vereistes van CAPS in Graad 4 dat leerders hul eie gedigte / lied skryf en kan werk met rym en ritme. Sterkte.

Die tweede deel is `n gediggie wat ek begin skryf het vir die leerders / wat saam met die leerders geskryf kan word sodat hul dit verder kan vat. Ek dink hierdie prente sal lekkerder werk as inspirasie, kyk maar...

Laai die powerpoint hier af.

`n Lekker ysbreker aktiwiteit om met die leerders te doen (om die creative juices te laat vloei) is om RYMBAL te speel. Jy gee `n woord vir die leerders, jy gooi die bal vir iemand, hy / sy vang en gee `n woord wat rym met jou woord so gou as moontlik. Hy / sy gooi dan die bal vir enigiemand anders in die klas en daardie persoon moet dan weer rym! Siedaar, lekker rymwoorde vir almal.

Geniet dit! ;)

En lewer asb kommentaar hier onder as jy enige wenke het om met kleintjies gedigte te doen!

_________________________________

Gaan kyk natuurlik ook op Onnies Online vir die beste Afrikaanse hulpbronne wat jy kan kry!


Daar is ook baie hulpbronne op Teacha! Hierdie webstuiste het hulpbronne vir alle vakke van graad 1 tot 12 en alles kan afgelaai word teen 'n minimale koste. Jy kan ook jou hulpbronne daarop verkoop! Gaan kyk vandag nog.

2 comments:

  1. Dis so heerlik om kinders te kry om hulle eie gedigte te skryf! - en maklik. Gaan kyk op die link hoe ek die kinders gekry het om 'n gedig in die styl van 'n skrywer te skryf. [o ja, ek hou hier in die 'vyand' se land skool, maar het die metode ook al in SA in Afrikaans met Gr4-6 gedoen en hulle LOVE dit! Daar's geen 'magic' nie, net hul eie idee gemeng met 'n ander en siedaar. :) Sterkte, laat weet my op my Wordpress blog [chessaleeinlondon.wordpress] of jy dit gedoen het en hoe dit gegaan het. Daar is heelwat Afrikaanse gedigte wat jy kan vat en dit mee doen [ almal, basies]
    http://y5atschool.edublogs.org/2011/12/02/poems-in-the-style-of-pie-corbett-with-his-comments/

    ReplyDelete