Idioresies!

Bordspeletjie vir die Afrikaanse klaskamer!!

Fakebook!

Some ideas of how to use fake Facebook profiles in the classroom.

Gedigte

Afrikaans Huistaal: Graad 4

Samestellings!

'n les oor samestellings vir Graad 4

Dis Sokkertyd!

'n Sokkertema kan baie pret wees...

Thursday, September 27, 2012

Hoe om jou eie blog te begin

So jy wil ook blog?

Mense stereotipeer soms dat Suid-Afrika agter is in alles van televisieprogramme tot tegnologie. Maar dit hoef nie so te wees nie! Die res van die wêreld se onnies doen dit, en jy kan ook! Dis eenvoudig. Jy kan jou eie blog vandag nog begin en jou wonderlike idees met almal deel!


`n Blog hoef nie net iets te wees waar jy jou persoonlike gevoelens aan iemand oordra nie. Dit kan op enige manier denkbaar gebruik word as jy kreatief daaroor dink!

1.    So hoe kan jy dit in jou klaskamer gebruik? Of dalk in jou skool?

·         `n klasblog:
ü  kommunikeer nuus, huiswerk en opdragte deur middel van die blog, neem foto’s en vertel vir ouers wat daagliks in jou klas aangaan. Leerders kan ook weekliks `n beurt kry om `n kort verslaggie op die blog te sit. Moedig ouers en leerders dan aan om soveel as moontlik kommentaar te lewer. Onthou net om die kommentaar te modereer...
ü  `n Klasblog kan ook goed wees vir verryking. Leerders wat dalk meer aandag nodig het kan ekstra inligting kry op die blog of daar kan skakels geplaas word na opvoedkundige speletjies / webtuistes waar leerders alles kan oefen van lees, spelling, vasvra speletjies ens. Daar is ook webtuistes waar `n mens self oefeninge kan uitwerk wat hul moet voltooi, google dit net!

·         `n klubblog:
ü  Het julle klubs by die skool soos bv. rekenaarklubs, fotografie, kuns ens? Die blog is `n permanente uitstalling van wat in die klubs aangaan. Wanneer ander leerders en ouers sien wat in hierdie klubs gebeur sal dit hul ook aanmoedig om deel te word van die klub! Die lekker ding van blogs is dat `n mens foto’s kan deel met die wêreld, maak gebruik daarvan, deel jou idees met ander mense en laat almal sien watter fantastiese goed jy saam die leerders doen!

·         `n blog as `n deurlopende taak:
ü  Hierdie is meer vir die groter leerders, veral in tale kan dit lekker werk. Skep `n blog en gee vir die hele klas regte om aan die blog te mag verander. Besluit waaroor die blog kan gaan, dit kan enigiets wees van `n klasdagboek tot `n blog oor die klas se gunsteling dinge. Dit kan verhalend wees waar leerders hul skryfwerk moet publiseer. Dalk kan dit oor `n kwartaal gedoen word waar `n storie begin word deur die onderwyser en elke week moet `n groep verder skryf aan die `blog-boek.’
Hier is `n kort opsomminkie:
§ ‘n blog-boek
§ `n blog-klasdagboek
§ Navorsing oor verskeie temas soos “my gunsteling skrywer”
§ Ondersoek vir bv. omgewingsopvoeding waar die blog berigte kan bevat oor die stand van die leerders se omgewing (besoedeling)
§ Publiseer elke week / maand jou resensie oor `n boek wat jy gelees het
§ Lewer sosiale kommentaar (soos celeb nuus of profiele oor jou gunsteling kunstenaars ens)

·         `n blog as aanvullend tot die skoolkoerant / weekblad / nuusblad:
ü  Daar word baie keer goed uit die nuusblad gelaat omdat daar te veel goed gebeur en sekere goed maar net as belangriker geag word, dit beteken nie dit hoef uitgelaat te word nie! Skep `n blog waar ekstra foto’s nuus en allerhande verskillende gebeure aan ouers gekommunikeer word. Dit kan ook minder ernstig wees en veral die pret en snaakse goedjies wat gebeur daagliks kan daarop geplaas word.

·         `n blog in jou professionele kapasiteit as opvoeder

ü 
Dit is nie net `n tendens in Suid-Afrika om jou hulpbronne met ander onderwysers te deel nie, maar reg oor die wêreld. Skep `n blog en deel jou idees, lesse, hulpbronne soos werkkaarte en PowerPoint skyfies. Ander onderwysers sal jou ewig dankbaar wees!
Daar is regtig tonne idees oor hoe om blogs te gebruik op die web. Jy kan veral Engelse onnies se idees gryp en dit net op toepassing maak vir Afrikaans. Gebruik jou verbeelding, onnies is mos kreatief! ;)


So hoe skep mens `n blog?



By Jean Vermeulen

Saturday, September 15, 2012

stylfigure



Die volgende les is maar net oor stylfigure. Dit verduidelik die verskillende stylfigure soos halfrym en gee dan voorbeelde daarvan deur middel van musiekstukkies. Aan die einde is daar `n speletjie waar die leerders moet sê watter stylfiguur in die frase / sin voorkom.

Laai die powerpoint hier af.

Geniet dit!




____________________________

Gaan kyk natuurlik ook op Onnies Online vir die beste Afrikaanse hulpbronne wat jy kan kry!


Daar is ook baie hulpbronne op Teacha! Hierdie webstuiste het hulpbronne vir alle vakke van graad 1 tot 12 en alles kan afgelaai word teen 'n minimale koste. Jy kan ook jou hulpbronne daarop verkoop! Gaan kyk vandag nog.

Sunday, September 9, 2012

Mother Teresa Quote


Friday, September 7, 2012

my idioomprentjie-projek


VOOR

















NA
















_________________________________

Gaan kyk natuurlik ook op Onnies Online vir die beste Afrikaanse hulpbronne wat jy kan kry!


Daar is ook baie hulpbronne op Teacha! Hierdie webstuiste het hulpbronne vir alle vakke van graad 1 tot 12 en alles kan afgelaai word teen 'n minimale koste. Jy kan ook jou hulpbronne daarop verkoop! Gaan kyk vandag nog.

Thursday, September 6, 2012

Gedigte - Graad 4



In hierdie les moes leerders hul eie gedig skryf. Of dit nou suksesvol was of nie gaan ek nie deel nie! Kyk jy maar of jou Graad 4's kan dig en gee my tips, want ek het duidelik nog nie die kuns bemeester om leerders te leer om te skryf aan gedigte nie! Darem verstaan hul rym ;)

Ek het eerste die gedig "In Vaaldam woon `n draak" vir die leerders gewys en gelees. Hul het die rympatroon geidentifiseer en ook die ritme (dmv lettergrepe). Dit is een van die vereistes van CAPS in Graad 4 dat leerders hul eie gedigte / lied skryf en kan werk met rym en ritme. Sterkte.

Die tweede deel is `n gediggie wat ek begin skryf het vir die leerders / wat saam met die leerders geskryf kan word sodat hul dit verder kan vat. Ek dink hierdie prente sal lekkerder werk as inspirasie, kyk maar...

Laai die powerpoint hier af.

`n Lekker ysbreker aktiwiteit om met die leerders te doen (om die creative juices te laat vloei) is om RYMBAL te speel. Jy gee `n woord vir die leerders, jy gooi die bal vir iemand, hy / sy vang en gee `n woord wat rym met jou woord so gou as moontlik. Hy / sy gooi dan die bal vir enigiemand anders in die klas en daardie persoon moet dan weer rym! Siedaar, lekker rymwoorde vir almal.

Geniet dit! ;)

En lewer asb kommentaar hier onder as jy enige wenke het om met kleintjies gedigte te doen!

_________________________________

Gaan kyk natuurlik ook op Onnies Online vir die beste Afrikaanse hulpbronne wat jy kan kry!


Daar is ook baie hulpbronne op Teacha! Hierdie webstuiste het hulpbronne vir alle vakke van graad 1 tot 12 en alles kan afgelaai word teen 'n minimale koste. Jy kan ook jou hulpbronne daarop verkoop! Gaan kyk vandag nog.

Idiome, Idiome, Idiome....

Daar is seker meer hulpbronne oor idiome op hierdie blog as enigiets anders! Maar gun my maar die geleentheid om verder te blêr oor die wonderlike ding wat `n mens die idioom noem....

Ken julle hierdie boekie? (Hoekom praat grootmense so snaaks? deur Keina Swart & Maja Serada)

Dit is `n fantastiese boekie om leerders (veral die kleintjies) bekend te stel aan idiome.

Die agterkant lees: "Grootmense praat darem vreeslik snaaks! Eers is dit oor blompotte langs jou kop en geld wat nie op rue groei nie, dan weer oor honde en katte wat uit die lug uit reen en kraaie wat tonge steel... verbeel jou!" oulik nê??

Hier is die voorblad:

Koop dit hier op Kalahari.com. Dis definitief `n moet-hê vir elke kind!

O ja! Ek het ook die idome les opgedateer. Dit lyk bietjie anders en ek het meer liedjies ingesit, maar die res is dieselfde. laai die nuwe weergawe hier af: Idioom les!

Aan die einde van les is daar `n speletjie waar jy eenvoudig die idioom lees en hul moet kies of dit A of B is. Hier is die A & B's wat jy kan uitdeel vir elke groepie.

Hier is die videos wat in die les gespeel moet word: pasop net vir die eerste een!


Kyk die ander een hier

en nog iets! kyk, as dit nie was vir Mieliestronk se lys van Afrikaanse Spreekwoorde en Kleuters.co.za se Juffrou Hessie Fourie Idioomlys nie, sou ek ook nie so baie kon doen met die wonderlike goed nie! so gaan kyk gerus daar. Nog `n boek, "Wat praat jy?" deur Johanna de Wet, verskaf ook baie inligting oor idiome en waar hul vandaan kom. Vir die ouer kinders is dit altyd lekker om meer te gesels oor waar die idioom vandaan kom, hetsy dit nou geleen is van Engels en of dit nou kom van Nederlands... die storie agter die storie is altyd interessant.

Ek is ook besig om tans ou idioomprente wat uit een of ander ou boek (ek dink iets soos die afrikaanse prenteboek?) te restoureer. Ek sien al die prente van kleins af in my klasse. Dis 'n "ongoing project" wat `n rukkie sal neem en ek sal dit een vir een oplaai.

Geniet dit!

_________________________________

Gaan kyk natuurlik ook op Onnies Online vir die beste Afrikaanse hulpbronne wat jy kan kry!


Daar is ook baie hulpbronne op Teacha! Hierdie webstuiste het hulpbronne vir alle vakke van graad 1 tot 12 en alles kan afgelaai word teen 'n minimale koste. Jy kan ook jou hulpbronne daarop verkoop! Gaan kyk vandag nog.