Thursday, August 16, 2012

Weervoorspelling - Natuurwetenskappe Graad 4

In hierdie les het ek 'n inleiding tot die weer gedoen. Wat die impak van die weer op ons daaglikse lewens is ens. Dit loop aaneen met die modules wat beskikbaar is op CNX.org vir Natuurwetenskappe Graad 4. Van die grafika is ook van die webtuiste is (die simbole en hierdie weerkaart uit die Burger).


Weerkaart / weervoorspelling

Die powerpoint bevat inligting en prente wat oor weervoorspelling gaan en gaan hand aan hand saam met die module wat genoem is bo. Kry die powerpoint hier. Aan die einde het ek 'n speletjie voorberei waar ek vir die leerders die weerstoestande gewys het. Hulle moes dan die regte simbool wys wat die verduideliking illustreer. Kry die simbole hier.

Die eerste link gaan na 'n illustasie van die weer hoe dit op die oomblik is ('live') en meeste van die beeldmateriaal (satellietbeelde) is gekry vanaf Kobus Botha Weather.

Geniet dit! 

_________________________________

Gaan kyk natuurlik ook op Onnies Online vir die beste Afrikaanse hulpbronne wat jy kan kry!


Daar is ook baie hulpbronne op Teacha! Hierdie webstuiste het hulpbronne vir alle vakke van graad 1 tot 12 en alles kan afgelaai word teen 'n minimale koste. Jy kan ook jou hulpbronne daarop verkoop! Gaan kyk vandag nog.

1 comments: