Monday, August 20, 2012

Bywoorde en byvoeglike naamwoorde



Hierdie les gaan oor bywoorde en byvoeglike naamwoorde. Dit is maar eintlik net 'n hersieningsles. Dit kan gebruik word van graad 4 - 7. Die bywoorde kan dalk net gespesifiseer word na bywoorde van tyd, plek en wyse.

Hier is die powerpoint. Daar is ook 'n stukkie van Kurt Darren se papsopwinterwaternat om byvoeglike naamwoorde te verduidelik.

Die kaartjies is vir 'n 'ysbreek' aktiwiteit. Die leerders trek kaartjies uit twee verskillende hoede. In een hoed is daar bywoorde en in die ander is daar werkwoorde. Die leerders moet dan hierdie kaartjies gebruik om dit uit te beeld. Hul leer dan so oor bywoorde. Maak seker om te beklemtoon dat die een kaartjie die ander kaartjie moet beskryf.

Dan het ek ook 'n blokkiesraaisel gemaak, kyk gerus daarna! Hul moet maar net die bywoorde en b.nw. invul van die sinne!

Genieeeeeet dit mensies!

_________________________________

Gaan kyk natuurlik ook op Onnies Online vir die beste Afrikaanse hulpbronne wat jy kan kry!


Daar is ook baie hulpbronne op Teacha! Hierdie webstuiste het hulpbronne vir alle vakke van graad 1 tot 12 en alles kan afgelaai word teen 'n minimale koste. Jy kan ook jou hulpbronne daarop verkoop! Gaan kyk vandag nog.

3 comments:

  1. Goeie môre

    Ek soek 'n paar onderwerpe vir graad 4 vir opstelle.

    Groete
    Christa

    ReplyDelete
  2. Goeie middag

    Ek is op soek na graad 4 tot 7 Afrikaans werk.
    As gevolg van die pandemie word ons verplig om "huiswerk" aan leerlinge te verskaf. As enige kan help. Ek sal dit waardeer

    ReplyDelete
    Replies
    1. As ons kan uitruil... stuur ek aan wat ek al bymekaar gesit het. Ek moet ook aan die kinders werk uit stuur. Ek stel myne so op dat EAT graad 4 dit kan baasraak, maar steeds Goeie oefening vir Graad 7 HT.
      epos my asb armand.22.be@gmail.com

      Delete