Sunday, May 20, 2012

Pasella Luistertoets!



Afrikaanse luistertoetse kan somtyds tog so vervelig wees vir leerders! Ek is seker leerders sal liewer na 'n video wil kyk en daarvolgens vrae beantwoord as om te luister na wat met arme Tant San se groottoon gebeur het volgens die Huisgenoot (nie dat ek enigiets teen die Huisgenoot het nie! ;-) )

Hierdie Pasella insetsel gaan oor Tesselaarsdal. Dit leer sommer vir leerders van 'n nuwe plekkie ook. Ek het nie die hele insetsel gebruik nie, omdat dit te lank raak.

Hier is eenvoudige inhoudsvrae oor die insetsel!

Geniet die luistertoets!

O ja! En ek het hierdie ekstra brokkie inligting op Pasella se webtuiste gekry oor die insetsel. Dit kan dalk gebruik word as 'n begripstoets? Gaan kyk gerus hier!

0 comments:

Post a Comment