Friday, March 2, 2012

Dis sokkertyd!

Kyk net na hierdie prent, dit het so baie informasie op wat gebruik kan word in die Afrikaanse klaskamer! Daar is veral verskillende idiome wat daarin uitgebeeld word. 


Hierdie presentation is 'n interaktiewe aktiwiteit waar die verskillende idiome gesoek moet word en dan op gekliek moet word. Daarna word die betekenis van die idioom gevra. Kyk gerus daarna! Onthou ook om te kyk na Kaaskrul se spotprente om na skerp uitbeeldings van idiome te kyk.


Die Bang Sokkerballetjie is 'n oulike storietjie vol verskillende stylfigure en humor. Gebruik dit gerus as 'n begripstoets of om die verskillende stylfigure daarin te identifiseer. 




1 comments:

  1. Wonderlike hulpmiddels vir die eerste week van kwartaal 3. Die leerders gaan die sokker-tema vreeslik geniet. Dankie

    ReplyDelete