Monday, February 13, 2012

Nog Spotprente!


Hierdie skreeusnaakse spotprente is weereens puik vir die Afrikaanse klaskamer. Daar is verskeie maniere hoe hierdie spotprente gebruik kan word, soos bv. om idiome aan leerders bekend te stel. Vee ook die spraakborrels uit en laat die leerders hul eie weergawe invul.

Dit is ook net lekker prettig en die leerders lag altyd lekker daarvoor (wanneer hul dit vang :-) ).

Meer is beskikbaar by op hierdie skakel. Dit is 'n album op Facebook. Daar is ook nou 'n boek bekend gestel deur Kobus Galloway, "Idees Vol Vrees", en dit is nou by alle boekwinkels beskikbaar. Definitief 'n moet-hê! Koop dit hier op Kalahari.net.




_________________________________

Gaan kyk natuurlik ook op Onnies Online vir die beste Afrikaanse hulpbronne wat jy kan kry!


Daar is ook baie hulpbronne op Teacha! Hierdie webstuiste het hulpbronne vir alle vakke van graad 1 tot 12 en alles kan afgelaai word teen 'n minimale koste. Jy kan ook jou hulpbronne daarop verkoop! Gaan kyk vandag nog.

0 comments:

Post a Comment