Monday, August 29, 2011

Die kind is nie dood nie - Ingrid Jonker (getoonsette gedig)



Hierdie video is vir gebruik in die Afrikaanse of Geskiedenis klas.

Die video is perfek vir Graad 9 leerders. Dit gee vir die leerders 'n goeie idee van hoe dit gelyk het met die optogte in 1960.

Ek dink dit is altyd goed om visuele materiaal in die klaskamer te gebruik, veral in poësie. Die leerders is geboei deur die beelde en dit help hul ook om die ware mening van die gedig te leer.

Die gedig is deur Ingrid Jonker geskryf.

Ek hoop julle geniet die video, die leerders het, en ek het nogal lank daaraan gewerk!

Die fotos en videos in die video kom vanaf verskeie bronne op die internet. Indien iemand wil he ek moet hul werk erken, laat weet asb.

Die liedjie kom van Chris Chameleon se CD 'As jy weer skryf' en dit is gesing deur Joanna

Geniet dit!

1 comments: